FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Freezeframe ( 7 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Freezeframe ( 7 )   Empty Freezeframe ( 7 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 21 Feb 2012, 10:05 pm

    Middaghoogte kalf die Vrieskoei
    haar doodgebore kalf .

    Met moederlike instink
    druk sy met haar natneus
    teen die stil plasenta .

    In die skaduwee
    van die prieel
    eet die boer
    pap en kaiings
    terwyl die druiwe
    warm korrel
    bokant sy kop.


    ( 09/01/2009 21h04 )


      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 9:59 am