Freezeframe ( 47 )

    Share
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 51

    Freezeframe ( 47 )

    Post by Rudi Coetzer on Mon 28 May 2012, 1:35 pm

    Die boer se seun
    vel en been
    holwang op sy bed
    in ñ laaste oomblik
    van ondraaglike angs
    en sweet .

    Skaam verloor hy
    bewustelik beheer
    oor sy liggaamsfunksies .

    Hy sterf twee dae later :
    sy benerige hand
    koud klein en klouent ,
    verdwerg in sy pa sin
    ( hy was die enigste seun ) .

    Dit was nie kanker nie .


    ( 23/01/2009 02h18 )

      Current date/time is Sun 17 Dec 2017, 8:59 pm