Winddroog

    Share
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 18

    Winddroog

    Post by AmmieMoon on Fri 13 Jan 2012, 2:40 pm


    sout bly sout

    dit winddroog minute
    ure
    dae
    weke
    maande
    selfs jare soos bokkoms in 'n bos
    (ek het jou laat los)

    gestring met 'n onmiskenbare palet
    wat binnemonds kleef aan die verhemelte,
    die hart;

    hierdie jaar is skaars 'n paar dae oud
    en dit plak reeds pekelrig teen my wang,
    'n dynserige voorskou
    waaraan laasjaar reste hang;

    jy sal nooit deursigtig genoeg wees om nie
    'n skaduwee te gooi teen my platgetrapte duine nie
    (jy wat praat sonder woorde,
    wat swyg deur jou oë)

    ek faal om my lus
    na jou stiltes te pen,
    die ewige dors na jou asem,
    jou dartelende tong

    na jou hande wat seeroetes lyn
    teen my groeiende tepels,
    wat 'n onweersdag uit my borskas kan forseer
    tot ek skuimig vlek
    tussen slinger-bamboes en rots;

    ek het jou laat los
    lankal al
    maar elke springgety vind ek nog
    wrakstukke van ons
    uitgespoel teen oorskot hoogtes,

    ek het jou laat los
    ek het
    ek het jou laat los.


    © 2011 Almarie Truter
    Attachments
    033.JPG
    You don't have permission to download attachments.
    (4.4 Mb) Downloaded 0 times


    _________________
    Ammie Moon
    avatar
    Sekelmaantjie

    Location | Ligging : Saldanhabaai, Kaapse Weskus
    Posts | Bydraes : 23
    Points | Punte : 47
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-01
    Age | Ouderdom : 18

    Re: Winddroog

    Post by Sekelmaantjie on Sat 14 Jan 2012, 12:28 am

    Dis regtig mooi.Ek hou veral van 'ek faal om my lus na jou stilstes pen'. bounce
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 18

    Re: Winddroog

    Post by AmmieMoon on Sun 15 Jan 2012, 1:05 pm

    Hallo my blom !

    En kyk nou net hoe voor in die koor woeker jy al op FreeStyle ! lyk asof jy besig is om daardie nuwe netboek van jou onder die knie te kry ! Hier lees jy al so ewe gedigte op die website en lewer kommentaar ! Dit wil gedoen wees ! Onthou, hoe meer jy ander se werk lees hoe meer groei en leer jou eie 'skrywerspen'.

    Ok, nou die sin wat jy uit mamma se gedig aangehaal het : '' ek faal om my lus na jou stiltes te pen''.... - jy weet mos partykeer ontmoet mens iemand wat nie juis baie spraaksaam is nie ('n introvert)....gewoonlik vind mense dit moeilik om 'n gesprek met so iemand te hê, juis omdat so persoon 'n onvermoë het om homself verbaal uit druk, omdat sulke persone hulle gewoonlik onttrek van geselsery en daar dan ongemaklike stiltes ontstaan..... Wel, soms, net soms, ontmoet mens so persoon en dan gebeur daar iets magic...want twee siele resoneer en woorde word oorbodig....dan verander daardie ongemaklike stiltes na heerlike knusholtes, soos 'n sagte kussing waarop jy graag gaan opkrul om te rus en ontspan....Dit is presies wat mamma hier bedoel het - dat ek sukkel om daardie gemaklike (praat sonder woorde) stiltes tussen my en hom effektief en mooi genoeg te pen (in 'n gedig te beskryf).

    Dankie dat jy ook mammiemoon se gedig kom lees het en iets gevind het wat vir jou mooi was! Hier's 'n maan drukkie vir jou ! cheers Like a Star @ heaven xxxxx







    _________________
    Ammie Moon

    Sponsored content

    Re: Winddroog

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 20 Sep 2017, 7:03 am