FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die Bikini

    antieklimaks
    antieklimaks


    Location | Ligging : Centurion, Gauteng
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 57
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-07
    Age | Ouderdom : 58

    Die Bikini Empty Die Bikini

    Post by antieklimaks Tue 10 Jan 2012, 12:43 pm

    Die Bikini

    “Ek sweer, geen man sal my ooit weer uitsuig soos ‘n lemoen en weggooi nie!”. Susan is kwaad en verneder en hartseer, alles tegelyk. Sy gooi die glas water in die wasbak in dat die skerwe oral spat. “Nic du Randt, jy gaan betaal hiervoor, en dit belowe ek jou vandag.” Susan gooi haar kop terug en vee haar trane af. Haar oë blink van woede.
    Susan droom van meerminne – lieflike sirenes wat sing, matrose lok met hulle stemme en hulle kaal borste. Sy droom van kolkende water en bloed en mans wat skreeu en skubbe-lywe wat blink in die maanlig. Sy droom van lus en van en vernietig en word wakker met haar hand tussen haar bene. ‘n Orgasme soos sy nog nooit beleef het nie, oorval haar en sy vlieg regop in haar bed, die golwe van genot wat nog spoel deur haar en haar half verlam en oorbluf laat.

    Die volgende dag in haar etenstyd gaan Susan mall toe. Sy soek ‘n swembroek. Hulle is ‘n groepie vriende wat almal saam vir die naweek weggaan. Sy sien daarna uit, sy het nodig om weg te kom en haar kop skoon te kry na die fiasco met Nic. Niks stel haar egter tevrede nie, en sy vind haarself gou in een klein gangetjie wat na die parkade lei. Nie een van die gewone winkels of boetieks het enige iets wat vandag in haar smaak val nie. Dalk moet sy dit los en maar laas seisoen se se rooi bikini saamvat. Net toe sy wil betaal vir haar parkering, val haar oog egter op ‘n klein, weggesteekte winkeltjie. “Swimwear, Dance and Stagewear”, lees die banier wat oor die venster gedrapeer is. “Wat het ek om te verloor?” dink Susan en bêre eers weer haar parkeerkaartjie.

    Sy stap die winkel binne. Dis redelik donker en propvol. Kleur en teksture oorval haar sinne en sy wee tamper nie waar om te kyk nie. “Can I help you?” hoor sy agter haar. Susan kyk na die klein, ineengekrimpte vroutjie wat opglimlag na haar toe. Sy verduidelik dat sy na ‘n nuwe swembroek soek, ‘n bikini of eenstuk wat baie vel wys, sy wil graag sonbrand. “And maybe meet a new lover?” vra die ou vroutjie met ‘n oogknip. Susan voel haarself bloos. “No, I’ve just about had it with men, thank you!” sê sy voor sy haarself kan keer. Die ou vrou lag met haar kop agteroor gegooi, en klap haar hande asof Susan nou net die beste grappie ooit vertel het. Skielik draai sy om en skuifel weg na die agterkant van die winkel. Sy wink na Susan, “Come over here, I have just the thing for you, darling.”

    Die bikini blink in al die kleure van die reënboog toe die ou vrou dit in die dowwe lig omhoog hou. Dit is pragtig, dink Susan. Soos die skubbe van ‘n eksotiese vis. Susan vat die bikini uit die ou vrou se hande en die materiaal is sag en sensueel op haar vel. “Can I fit it on, please?” vra sy. “You may, but I can guarantee that it will fit you like a glove”, sê die ou verkoopsdame met ‘n stuitige knip van een oog.
    In die aantrekhokkie wriemel Susan uit haar klere uit. Sy voel sweterig en warm. Dis nie die beste lig nie, en die aantrekhokkie is beknop en nou. Sy wil egter die bikini aanpas, sy is nie lus om weer terug te kom om dit om te ruil as dit nie pas nie. Susan maak die bandjies vas en kyk vir haarself. “Wel, dit is pragtig, die ou tannie was reg”, dink sy. Haar hande gly oor haar lyf en sy voel die hitte uit haar vel straal. Haar oë is egter op die spelende kleure van die materiaal en sy moet erken, dit is betowerend. “Dalk vang ek tog ‘n “lover” , dink sy. Sy weet haar lyf is goed versorg, sy sweet immers 5 dae ‘n week in die gym en kyk altyd na wat sy eet. Susan kyk haarself krities op en af. “Ek lyk sexy,” dink sy. Die kleure in die bikini komplimenteer haar goudbruin vel en blonde hare. “Ja, dit is perfek vir my, die ou tannie was toe reg”, dink sy en trek weer uit.

    “Komaan, Susan! Het jy nou weer klere vir ‘n nasie saamgebring?” terg haar suster se kêrel, Braam, haar. “Nee, “ lag sy, “Net vir ingeval!”. Hulle lag en klap die kattebak toe. Almal is opgewonde oor die naweek wat voorlê. Susan vertel opgewonde van die nuwe bikini en belowe om haar suster en vriendin ook daarnatoe te neem as hulle weer in die mall gaan koffie drink. By Shangri La aangekom, kan die groepie nie vinnig genoeg uitpak nie, die weer is drukkend warm en hulle wil in die swembad gaan afkoel. Susan kan nie anders as om die bewonderende blikke van mans, met en sonder metgeselle, in en om die swembad, raak te sien nie. Haar suster merk dit ook op, “Ek sien jou nuwe bikini betaal al klaar dividende”, terg sy. Susan gly in die water in, en dit sluit koel en verfrissend om haar warm lyf. Sy sug diep en maak haar oë toe. Beelde van meerminne flits voor haar oë en sy maak weer verskrik haar oë oop. Susan sit haar sonbril op. Sy wonder oor die skielike visioene van meerminne en dink terug aan die intense orgasme wat sy tydens haar droom die vorige week beleef het. “Vreemd, maar interessant… lekker eintlik,” dink sy.

    Saterdagoggend breek blou en sonnig aand. Susan staan op terwyl die ander nog slap en doen ‘n paar ligte oefeninge en strekke. Sy sug behaaglik toe sy na die oefensessie ‘n lang glas water drink. Sy voel anders. Susan weet nie hoe om dit aan haarself te verduidelik nie, sy weet net dat sy anders voel – die swaarmoedigheid is weg, die woede wat sy teenoor Nic gevoel het, het soos mis voor die son verdwyn.
    Later die oggend stap die groepie laggend en spelend af na die swembad area. ‘n Bruingebrande, blonde spiertier sluit by hulle aan. “Hallo, ek is Vaughan” glimlag hy met advertensie-wit tande. “Hallo”, sê Susan. Die ander glimlag vir hom en Vaughan voel duidelik die groep verwelkom hom, want hy val by hulle pas in. Toe hulle by die swemarea aankom, nooi hy hulle om by hom en sy vriende aan te sluit. Hulle het ‘n gazebo opgeslaan onder ‘n boom en gesellig komberse oopgegooi. Braam kyk vir die meisies, en hulle neem die aanbod aan. Vaughan stel sy vriende voor en die drietal skakel gemaklik in by die ander groep.

    Susan vly haarself op ‘n kombers neer en sien uit die hoek van haar oog die bewonderende blikke van die manne in die ander groep. “Wil jy gaan swem?” vra Vaugan. “Waarom nie, dit is tog waarom on shier is!” sê Susan. Vaughan duik met ‘n sierlike boog in die water in, en Susan agterna. Hy vang haar toe sy opkom uit die water uit. “Het enige iemand vandag vir jou gesê dat jy die mooiste meisie hier is?” vra hy. “Nee, jy het sekerlik nog nie al die meisies gesien wat hier vakansie hou nie! Skerts Susan. Hy lag met sy wit tande ‘n groot oopmond lag terwyl hy sy hand liggies oor haar heup en bobeen laat gly. Susan wil hom summier ‘n oorveeg gee vir sy voorbarigheid, maar sy glimlag terug vir hom. “So Vaughan, vertel my ‘n bietjie meer van jouself?” vra Susan. Vaughan stoot sy bors ‘n bietjie meer uit en glimlag breed. “Ek is ‘n baie suksesvolle eiendomsontwikkelaar.” “O, jy bou…” “Nee”, keer hy vinnig. “Bouers is sukkelaars en armgatte. Ek is baie suksesvol en welgesteld”. Susan sien dat hy vir haar kyk met ‘n vraag in sy oë. “Ek is jammer. Ek kan sien jy is geen gewonde bouer nie. Jy is ‘n aantreklike man boonop!” Sy knipoog vir hom en glimlag verleidelik. Vaughan ontspan onmiddellik en lag weer met ‘n groot oop mond. Hy sit sy arm om Susan se lyf en lig haar op uit die water uit. “Maar jy lyk vir my soos ‘n vrou wat weet wat sy wil hê!” Sy glimlag af na hom toe en wriemel los uit sy greep uit. “Weet jy wat jy wil hê, Vaughan?” vra sy.

    Met die spring sy om en duik onder die water in en swem tot by die kant. Hy swem na haar toe en streel oor haar rug. “Hemel maar jy is sexy verby”. Hy draai haar gesig na syne en soen haar hard. Susan vererg haar en klim uit die water uit. Vaughan klim ook uit en gaan lê op ‘n handdoek. Susan wil hê hulle moet ‘n ander plek kry maar haar sus en dié se kêrel kuier heerlik met die ander groep. Hulle lag en gesels vir ‘n vale. Susan kyk oor na Vaughan. Hy lê op sy sy met sy kop op sy hand gestut en sy oë speel oor haar lyf. Susan wonder of hy weet hoe aanstootlik hy is. Sy voel ‘n ligte trilling deur haar lyf en sy weet sy moet hom ‘n les leer. Nie net vir haar nie, maar vir elke vrou wat hy al deurgeloop het onder so ‘n chauvinis.

    Later in die middag stap hulle terug na die chalet om te gaan eet. Sy roep Vaughan eenkant toe. “Kom ontmoet my om middernag vir ‘n “skinny dip”, flikflooi sy. Hy lag en gee haar ‘n ligte hou op die boud. “Natuurlik, pragtig. Ek sal vir jou in die swembad wag. Moenie laat wees nie.”
    Terwyl haar sussie en Braam gereed maak om te gaan slaap draai Susan in die kombuis rond. Sy het vlinders op haar maag oor haar afspraak met Vaughan. Sy skink vir haarself ‘n glas rooiwyn. “Dit is die kleur van bloed. Die kleur van lewe”, mymer sy terwyl sy deur die glas na die kleur van die wyn kyk. Sy sien dit is nog ‘n halfuur voordat sy Vaughan moet ontmoet en sy gaan loer gou in by haar sussie – hulle is vas aan die slaap. “Goed so, niemand sal haar my mis nie”.

    Vaughan wag reeds in die water. Net sy kop steek uit en sy tande blink wit teen sy gesig toe hy haar gewaar. “Ek het geweet jy sal my nie kan weerstaan nie”, sê hy saggies toe sy by hom aansluit in die water. Susan sê niks nie, sy draai eenvoudig haar gesig na hom en begin om hom te soen. Hy begin onmiddellik om haar te bevoel. Sy voel dadelik vies maar sy druk haar lyf teen syne aan. Dit is die teken waarvoor Vaughan gewag het, en hy begin om haar bikini se bostuk los te maak. “Hierdie is ‘n baie sexy bikini, maar jy het gesê “skinny dip”, of verbeel ek my?”. “Ek het”. Sy gly die bostuk af en gooi dit op die kant van die swembad. Susan vat Vaughan se hande en plaas dit op haar borste. “Mmmm, ‘n goeie handvol”, sê hy. Ten spyte van haar weersin in die man, trek Susan sy kop af na haar toe en soen hom. Hy laat nie gras onder sy voete groei nie en begin onmiddellik om haar borste te masseer terwyl hy sy onderlyf teen hare aandruk. Susan voel sy ereksie en ‘n gevoel van selftevredenheid spoel oor haar. Sy druk haar onderlyf teen syne en begin ritmies te beweeg teen sy ereksie wat nou hard teen haar aandruk.
    Met ‘n kreun lig Vaughan haar op en glip haar bikinibroekie eenkant toe. Hy druk ru ‘n vinger in haar op. Sy snak na haar asem en hy neem dit as aanmoediging. Hy begin sy vinger in en uit haar werk met rukkerige bewegings. Sy vryf met haar hande teen sy rug af en fluister in sy oor, “ek wil jou in my hê, Vaugan.” Hy haal sy vinger uit en lek dit af terwyl hy grinnik.

    Hy hou haar bikinibroekie steeds eenkant toe en druk sy warm, harde manlikheid hard in haar sagtheid in. Susan klem altwee haar bene om sy lyf en beweeg ritmies saam met hom. Sy maak haar mond oop en sit dit oor syne – sy trek haar asem diep in en voel hoe Vaughan steier onder haar. Hy ruk sy kop agteroor. “Wat doen jy aan my, vroumens?” Grom hy. Susan glimlag liefies terwyl sy haarself teen hom aandruk met drif. “Kom Vaughan, ek het gedink jy is ‘n man wat weet wat ‘n vrou wil hê.” Susan vat sy boude en druk hom teen haar aan. Hy lag hard en gryp haar aan haar borste. “Ja, inderdaad – julle almal is mos maar tertjies wat terg. Kom ek wys jou wat ek doen aan ‘n tertjie.” Hy “grind” sy harde ereksie in haar in en begin haar hard op en neer druk op hom. Susan glimlag en begin hom liggies in sy nek byt. “Kom, grootman. Wys my wat jy vir my het.” Terwyl hy verwoed in en uit haar pomp, byt Susan te tande dieper en dieper in sy sagte nekvleis in. Vaughan se aandag is by haar onderlyf en sy neem haar kans waar. Susan se lippe beweeg na sy gorrel en sy maak haar mond groot oop. Skielik byt sy, en sy ruk.

    Vaughan begin slaan op die water, en hy klap haar op haar rug, haar boude, haar skouers. Susan los nie. Sy ruk sy gorrel uit en trek met haar bene sy voete onder hom uit. Vaughan sukkel om bo die water te bly. Hy gryp sy keel vas en begin haar vloek. Susan glimlag net liefies en druk hom met haar volle gewig onder die water in. Golwe van ekstase spoel deur haar en sy ruk terwyl die orgasme deur haar lyf trek. Sy hou hom onder die water totdat sy voel hy beweeg nie meer nie. Sy swem kant toe en maak seker in die maanlik dat daar nie bloed op haar is nie. Susan trek haar bikinitoppie weer aan en begin aanstap chalet toe sonder om terug te kyk. Eers toe sy in haar bed lê, begin sy bewe. Duisende beelde en gedagtes flits deur haar kop. “Ek is ‘n moordenaar”, dink sy. Skielik verskyn die ou tannie in die winkel voor haar. “See, it fits you like a glove. I knew it would. You will pass it on when the time is right.” Susan is verstar van die skrik. “Nee, sekerlik nie,” redeneer sy. “Ek droom oop oë.” Sy staan op en vat die bikini en bêre dit in haar tas. Sy klim terug in die bed en rol rond vir ‘n hele ruk voor sy aan die slap raak.

    Toe Susan die volgende oggend opstaan voel sy verbasend genoeg, vol energie en lewenslus. Sy sing terwyl sy vir almal ontbyt maak en haar sussie terg haar omdat sy vals sing. Vandag pla dit haar nie. Sy voel wonderlik en niks gaan haar bui bevoeter nie. “Gaan ons swem?” vra Braam. “Ek kry julle daar”, sê Susan. Toe sy haar kas oopmaak lê die bikini heel voor in die kas, netjies opgevou. Susan voel skielik asof iemand yskoue water oor haar uitgooi. Die gebeure van die vorige aand speel weer voor haar geestesoog af. Susan sug. Dit was sy verdiende loon. Hy sal nooit weer ‘n vrou soos ‘n hoer behandel nie.

    Terwyl sy die paadjie na die semarea afstap, voel Susan die lewenskrag deur haar are bruis en sy weet sy wil altyd so voel. Sy streel oor die materiaal van die bikini en haar tepels is hard en opgewonde onder haar vingers. Sy glimlag en gooi haar hare terug terwyl sy met nuwe selfvertroue die dag tegemoet gaan.

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 4:57 am