FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    monoloog

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    monoloog Empty monoloog

    Post by anderkant Fri 09 Sep 2011, 3:16 pm

    mens sou ‘n brug kon bou
    tussen my en jou,
    want ek is hier, en
    jy is daar.

    (wie sou hom oorsteek?)

    met lettergreep,
    byvoeglike naamwoord en
    slim-woorde as messelgoed
    sou ons kon bou, elk
    aan sy eie bros-steen pilaar.

    (om die brug te anker aan beidekant)

    daar anderkant
    val jou skadu groot en wyd
    oor jou heerskappy;
    droom en bou jy fluks
    aan jou siersteen-paleis,
    jou lewens-droom,

    (liefde gun dit tog?)

    hoe is dit dan,
    met jou daardie kant
    en ek hierdie kant,
    (selfs in die middag-son)
    dat ek steeds verkluim
    in die aangeklamde holte
    van jou kieliebak.

    (kieliebak? wie sal laaste lag?)

    hoe kan ek dit so intens voel,
    aanhou voel - asof werklik,
    met jou daar,
    en ek hier…

    ai.

    © (05.08.2011) Rudi Prinsloo, Alle regte voorbehou
    avatar
    Guest
    Guest


    monoloog Empty Re: monoloog

    Post by Guest Sun 11 Sep 2011, 5:10 pm

    fokkitttttttt!! skies die direkte vertaling uit Aramees maar fokkit die is brilliant!!
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    monoloog Empty Re: monoloog

    Post by anderkant Mon 12 Sep 2011, 8:05 pm

    Aramees? Maar ek het dan geen besware daarteen nie, ek verstaan Aramees was 'n "heilige" voertaal. Smile baie dankie Ronel, jy eer my met sulke geesdriftige kommentaar.

    Sponsored content


    monoloog Empty Re: monoloog

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 08 May 2024, 5:08 am