FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Dagbreek

    Werner
    Werner


    Posts | Bydraes : 7
    Points | Punte : 19
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-03
    Age | Ouderdom : 67

    Dagbreek Empty Dagbreek

    Post by Werner Tue 03 Jan 2012, 11:41 pm


    eiergeel loop uit
    oor lui horisonne
    en drup oseane vol

    katels lê in slaap
    dorings slyp hul skerp
    teen die wind se vyl

    hoenderkraai skarrel
    met ‘n desibel-simbaal
    roer die werf se grafstil

    sonlig knars in slotte
    sluit die nag dig toe
    agter tralies van gister

    tyd kruip in wekkers
    en sonnet sekondes
    in eie dagboek-vers

    dag denim homself
    drapeer ‘n somersrok
    klee die oomblik vir ons

    © WERNER WEHMEYER 2012
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Dagbreek Empty Re: Dagbreek

    Post by SWERWER Wed 04 Jan 2012, 12:10 am

    Beste Werner,

    Ek is gaande oor jou beeldspraak! Dit is asemrowend mooi:

    sonlig knars in slotte
    sluit die nag dig toe
    agter tralies van gister


    Dis die eerste keer dat ek jou werk lees en ek moet se dat as dit die kwaliteit van jou werk is gaan dit baie lekker wees om nog meer van jou werk te lees.

    Welkom hier!

    SWERWER

      Similar topics

      -

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 1:07 am