FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    ñ Doos in my skoorsteen +

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    ñ Doos in my skoorsteen  +   Empty ñ Doos in my skoorsteen +

    Post by Rudi Coetzer Sun 25 Dec 2011, 5:58 am

    Net na middernag
    hoor ek sy thud
    die haatlike geluid
    van sy vet butt
    wat land op my dak .

    Kan jy glo hy’t wragtig
    die audacity
    om te fluit
    ( seker terwyl hy
    die kak afpak
    wat hy die jaar
    vir my gebring het ) .

    Ek hoor hoe hy
    kreun en steun
    ( seker terwyl hy
    sy klein vet voetjies
    oor die rand
    van my skoorsteen
    swaai ) .

    Ek zoom die infrarooi-kamera in
    met moeite deur my
    in die skoorsteen opgestel
    ( fok
    dit het my
    drie dae gevat
    om daarna skoon te kom )
    en met klein verstel
    kry ek sy een stewel-sool
    in die lens

    sy een stewel-sool
    en die onderkant
    van sy harige vet pens .

    Kan dit wees ?

    Nee ! Dit kan net nie !
    Giggel .

    Ek zoom nader ...

    O fok tog !

    Sowaar , Kersvader
    het stront aan sy sool !

    Ek wonder nog
    of dit hondestront is
    en of dit Rudolf se shit is ,
    toe word die beeld
    skielik eers vaal
    en toe sommer swart .

    Ek krap my kop –
    ( dit is nou
    ñ groot fokkop ) ,
    dalk het die vet vark
    die kragkabel afgetrap !

    Net toe ek
    die flits nader hark
    en by my kaggel kniel
    om in my skoorsteen
    op te kyk
    ontsnap ñ onderdrukte gilletjie uit sy grys-baardbek
    ( gevolg deur ñ binnesmondse vloek )
    en val ñ hoop as en roet
    voor my knieë neer ...

    Ha !
    Hy’s in ! Hy’s in !
    Jippie !
    Die flippen vet bliksem .

    ñ Breë grynslag
    versier my gesig .
    ek vryf my hande
    opgewonde oormekaar
    en ek dans
    al in die rondte
    al in die rondte –

    hier is my kans !

    ( As die dom donner
    net geweet het
    van my subtiele veranderinkies
    aan my skoorsteen se binnekant
    na laas Kersfees ,
    sou hy dit nooit
    met sy vet gat
    daarbinne gewaag het nie .

    Boontjie kry sy loontjie .

    Groot giggel )

    Ek bel 10111
    en word byna onkant betrap
    toe ñ stem
    onmiddelik aan die anderkant antwoord –

    met my benoudste stemmetjie
    sê ek :
    “ Somebody is breaking into my house
    please come quickly ! ”
    en los ñ high pitch
    skril gil
    wat ñ slagvark
    sou laat swel van trots .

    Toe laat val ek die foon
    druk hom dood
    ( I love it
    When a plan comes together )
    en sit elke lig
    in my huis af .

    Sewe minute ses en twintig sekondes later
    klink en lyk dit
    of die Starship Enterprise
    voor my huis land –
    dit is net sirenes en ligte .

    Elf sekondes later
    vlieg my voordeur uit sy skaniere uit
    en flitsligte laser
    soekend deur die donker .

    Hulle red my
    onder die kombuistafel uit
    en na ñ glas suikerwater
    kom ek bewend tot verhaal :

    “ Daar was voetstappe op my dak ”
    stamel ek
    “ en fluister-stemme
    en ... ”

    Nou ja , om ñ lang storie
    kort te maak
    na my huis van hoek tot kant
    deursoek is
    kry hulle fokkol !


    “ Ek kan sweer
    daar het ñ gekreun
    en ñ gesteun
    uit die skoorsteen gekom ”
    laat val ek so terloops .

    Nou ja , daar kry hulle toe
    die fokken kort vet klouterdief
    ( wat vassit )
    in my skoorsteen
    in sy Kersvader-pak ,
    oor sy skouer
    ñ groot rooi geskenke-sak ,
    sy dik pens
    vol skuur-merke
    en bloed
    ( groot vet giggel –
    hy lyk vir my so goed ) .

    * *

    Die hofsaak het ses maande geduur
    en die fokken vetgat
    is toe vyf jaar gevonnis
    vir poging tot diefstal
    en twee en tagtig uur
    gemeenskapsdiens
    ‘ for impersonating Father Xmas ’ .

    * *

    Maar sug
    maar o bogger –

    raai wat het die polisie
    daardie fatale nag
    in sy geskenksak gekry ?

    Presies dit wat ek voor gevra het :
    ñ X-box vir my !


    ( 25/12/2011 00h28
    + Komkol
    ~~ ñ Geseënde Kersfees aan al my vriende , vyande , groupies ,
    ondersteuners , afkeurders , stalkers , ens .
    En ook aan alle digters , skrywers , painters , fotograwe , en ander kreatiewe
    passievolle siele { ingesluit lesers } . ~~
    (((( En aan my Lavagirl : Baby , ek soek jou in my Kerskous . ))))

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 12:53 am