FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    FlippeN uil

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    FlippeN uil Empty FlippeN uil

    Post by Rudi Coetzer Fri 23 Dec 2011, 4:38 pm

    Op die tak in die woud
    sit die uil grootoog
    en Hoe! Hoe!
    om dan stil te raak .

    Doodstil .

    Om twaalfuur
    presies
    ( soos elke aand )
    verskyn die muis
    in die bospaadjie

    gebukkend
    sukkelend
    onder sy swaar vrag .

    Die uil sprei sy vlerke
    en giggel sag
    duiweltjies wat dans
    in sy groot geel oë

    die muis loop en fluit
    sy werksak klingel
    oor sy skouer
    met elke tree –

    nagskof wag .

    Die uil launch homself
    sy vlerke geluidloos gesprei
    ʼn skadu in die nag
    en sweef tussen
    die takke deur

    die muis se fluit
    verander in ʼn shriek
    toe ʼn groot skaduwee
    skielik op hom val

    hy probeer hardloop
    met die groot swaar sak
    wat klingel
    oor sy moeë skouers .

    Pligsgetrou .

    Maar dan in
    ʼn laaste desperate poging
    om van die uil
    se uitgestrekte kloue
    te ontsnap
    gooi die muis die sak
    in die pad -

    munte rol waggelend
    en skeef
    die bos in .

    Die uil se skerp naels
    gryp die muis
    ferm en dodelik vas
    die muis se oë
    vreesbevange
    in hulle kas

    hy voel hoe die naels
    sny deur sy vel
    en hoe sy eie warm-bloed
    by sy vel uitsypel .

    Hy wil vir ʼn oomblik giggel
    want hy het nog altyd
    die begeerte gehad om te vlieg

    en nou vlieg hy !

    Die uil gaan sit
    weer op sy tak
    skeur die muis
    se kop af
    spoeg dit uit
    en begin eet
    aan sy sagte lyf .

    Die volgende aand vroeg
    in die uile se bar
    in die verlate waenhuis
    op Skuilkrans
    sit die uil
    en drink ʼn bier .

    “ Wat maak jy hier ? ”
    vra die eenoog barman
    “ jy drink mos nie ! ”

    Die uil burp
    vat nog ʼn slurp
    en bars in trane uit

    “ Ek het laasnag
    die tandmuis geëet ”
    snik hy .


    ( 21/12/2007 07h34 )







      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 10:32 pm