FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 32 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 32 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 32 )

    Post by Rudi Coetzer Fri 23 Dec 2011, 12:44 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ek wil my vlag plant
    op jou maan
    en soos ons jare saam kom
    sal dit vir jou wapper in die wind .

    Ek reik my hand
    van omgee uit na jou
    gee jou my intens-liefdevolle hart –
    en in die vreugde van my glimlag sal jy vind
    daar is ñ vonkel in my oë vir jou .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    skuif ñ bietjie nader
    en cuddle snoesig
    styf teen my aan –
    want vanaand buite speel die feëtjies
    skoon laf en vrolik
    in die helder lig
    van die silwer maan .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    in ons elke oomblik
    gallop daar wilde mustangs vir jou
    oor die vlaktes van my hart .


    ( 11/09/2011 20h57 )

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 5:59 am