Tsitsikamma syfer die druppels
sag drup die reënwoud se trane
van vreugde oor fragiele skoonheid
of trane van rou oor die skade
druppels plonk viool staccato af
langs reusvaringblare; versamel
in stroompies tussen aronskelke
en lieflike gul boslelie plate
Neptunis gooi al brommende dolos
oorkant oergrotte op pebble strand
oor die toekoms van geelhoutreuse
die haarfyn balans van ekotoerisme
skaam bosloeries en blouduikers
skrik vir ʼn snel naderende dreuning
dit domineer sagte woudgeheim watervalle
soos trompette oor die branders
Skietklip verkondig onstuimig, dan
volg kegeldromme wat rammel,
dan bars dit los uit volle bors -
die baritonmiljoen: Rex Majestatis,
die riviermond van storms!
wit oseaan perde kom senuweeagtig op aandag:
duister dalk die toekoms, tog steeds koning vandag...
© Torm 2011 Herskryf
sag drup die reënwoud se trane
van vreugde oor fragiele skoonheid
of trane van rou oor die skade
druppels plonk viool staccato af
langs reusvaringblare; versamel
in stroompies tussen aronskelke
en lieflike gul boslelie plate
Neptunis gooi al brommende dolos
oorkant oergrotte op pebble strand
oor die toekoms van geelhoutreuse
die haarfyn balans van ekotoerisme
skaam bosloeries en blouduikers
skrik vir ʼn snel naderende dreuning
dit domineer sagte woudgeheim watervalle
soos trompette oor die branders
Skietklip verkondig onstuimig, dan
volg kegeldromme wat rammel,
dan bars dit los uit volle bors -
die baritonmiljoen: Rex Majestatis,
die riviermond van storms!
wit oseaan perde kom senuweeagtig op aandag:
duister dalk die toekoms, tog steeds koning vandag...
© Torm 2011 Herskryf