FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

+2
AmmieMoon
Torm
6 posters

    ode aan ʼn digteres

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    ode aan ʼn digteres Empty ode aan ʼn digteres

    Post by Torm Tue 20 Dec 2011, 4:18 pm

    ʼn woord
    is baie presies
    as jy weet en ken en kies
    en as jou hart in die nanag
    woorde sing

    biblioteekstilte
    omgeef die vrede
    van haar tent op die vlakte
    van herinnering
    as sy aan die eensames
    en die soekendes
    terdeë
    die woorde van ondervinding
    soos ʼn goeie koppie tee
    bring

    die baie wat dit verstaan
    is min
    teenoor diè wat woorde
    op ʼn laer vlak beoordeel
    sonder die voordeel
    van insig
    die vrug
    van dekades
    se pen-skuur
    stiltes

    maar sy, die praatskrywer
    sy wou nie
    leer om dit finansieel
    korrek te doen nie
    maar eerder
    emosioneel
    onbeskroomd
    toe sny hulle haar
    soos baie voor haar
    af

    © Torm 2011
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by AmmieMoon Tue 20 Dec 2011, 8:18 pm

    ...gou vir my gunsteling gedig kom stem.... Like a Star @ heaven
    avatar
    Adele Meyer Smit


    Posts | Bydraes : 10
    Points | Punte : 10
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 54

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Adele Meyer Smit Wed 21 Dec 2011, 1:55 am

    lief jou laaste vers, baie mooi! sunny
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Torm Wed 21 Dec 2011, 3:46 pm

    Baie dankie Adele Meyer Smit en Ammie Moon !
    Adele, het jy al vir die gedig gestem? Very Happy Jy kan nog, as jy wil. Kyk bo-aan.
    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Camsica Thu 12 Jan 2012, 2:43 am

    Ek lief jou gedig en het my merk gemaak!
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Torm Wed 18 Jan 2012, 3:16 am

    Baie dankie Camsica * maak kniebuiding * ek waardeer!
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Torm Wed 25 Jan 2012, 8:43 pm

    Dit is vir my so hartseer dat hierdie gedig nou in 'n furore betrokke geraak het omdat hy blykbaar die meeste regmatige "likes" gehad het voordat die reëls verander is. Hierdie arme gedig het so 'n lang en seer pad tot hier geloop en dit is maar net 'n ou gediggie. Dit was nooit die bedoeling dat daar nou 'n bakleiery moes wees nie. Indien wel, dan eerder met hulle wat die digteres afgesny het, nie tussen medeskrywers nie.
    Wil almal nie maar eerder vrede maak sodat ons kan aanhou skryf viri lekker nie?
    Moet ek dalk maar eerder die arme ding onttrek voordat daar vuiste tussen vriende klap?
    Julia Hill
    Julia Hill


    Location | Ligging : All Around The World
    Posts | Bydraes : 151
    Points | Punte : 259
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 53

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Julia Hill Wed 25 Jan 2012, 10:40 pm

    hierdie is regtig fantasties .... en ja die baklei-ery is somer net 'BLEEEGGHHHH"
    avatar
    Adele Meyer Smit


    Posts | Bydraes : 10
    Points | Punte : 10
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 54

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Adele Meyer Smit Thu 26 Jan 2012, 10:59 pm

    Ja ek het gestem..dit is regtig 'n pragtige gedig..
    en lekker gegiggel..oor alles en nog wat lol!
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Torm Fri 27 Jan 2012, 12:50 am

    Hoe kan ek vir julle almal dankie sê? Ek weet nie eers wie al die dosyne stemmers is nie. En vir Rudi vir die gratis publisiteit. ;-) En vir Benny&Co vir die geleentheid.
    Adele, jy't die regte antwoord op ons kwaal: humor!
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Rudi Coetzer Fri 27 Jan 2012, 12:34 pm

    Torm,jyt geen rede om sleg te voel oor die stem-issue nie...jyt die reels reg gevolg van die begin af.en is die voorloper omrede jy en jou gedig al die likes gekry het.en dit verdien.
    SIen:fairplay do sometimes reward you.
    bemark nou die outjie verder...
    my uitdaging aan jou:
    ek soek 100 Likes teen 15 Feb.
    so..jy beter gaan votes soek!!!!
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Rudi Coetzer Fri 27 Jan 2012, 12:36 pm

    stuur asb n privaat boodskap vir my deur die Freestyle-sisteem..ek wil graag die storie agter die storie van die gedig en digteres weet?
    dankie
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Torm Fri 27 Jan 2012, 4:33 pm

    Rudi, die gedig is allegories en enige verwysing na werklike persone of gebeure is toevallig.
    Genoeg digteresse het genoeg pyn deurgegaan om die gedig te regverdig. Ek kan nie enige verdere inligting verskaf nie.
    Ek wens 'Karoo' het eerder soveel stemme gehad. Hierdie ondervinding was nie vir my aangenaam nie en ek is spyt oor die bemarking wat ek gedoen het toe die gedig tydelik benadeel is.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Rudi Coetzer Fri 27 Jan 2012, 6:28 pm

    die gedig is aan die einde nie benadeel nie.en met jou bemarking het jy klomp Likes bygekry..flip..kyk net hoeveel Likes is hier!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
    so..wats jou probleem>?
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Rudi Coetzer Mon 06 Feb 2012, 8:29 pm

    flip....
    jy gaan sowaar 100 likes haal...
    I'm impressed......
    (psst:sal jou moet huur om vir my votes te campaign met my 5 inskrywingkies........hulle is maar skaars by my!)

    Very Happy
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Torm Mon 06 Feb 2012, 10:29 pm

    Rudi, ek moet maar want Lizelle se "My drie-anker baai" is kort op my hakke en was selfs op 'n stadium voor my. Werner vorder ook teen omtrent tien stemme per week.

    Psst: kry iemand om 'n bakleiery oor jou gedig te begin...niks werk beter as dit nie...
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Rudi Coetzer Tue 07 Feb 2012, 11:53 am

    hehehe....wie het oor jou gedig bakklei?.....lyk my dan dat die wenner eers op die laaste oomblik beslis gaan word.....maak dinge exciting.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Rudi Coetzer Thu 16 Feb 2012, 12:28 pm

    112 likes...flippen hel.....
    ffff amazing.
    affraid
    Very Happy
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Torm Mon 12 Mar 2012, 7:07 am

    Ek kan maar net baie dankie sê.
    Hallo Rudi!

    Sponsored content


    ode aan ʼn digteres Empty Re: ode aan ʼn digteres

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 7:32 pm