FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    ode aan die digteres

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    ode aan die digteres Empty ode aan die digteres

    Post by Torm Sun 18 Dec 2011, 3:40 pm


    ʼn woord
    is baie presies
    as jy weet en ken en kies
    en as jou hart in die nanag
    woorde sing

    biblioteekstilte
    omgeef die vrede
    van haar tent op die vlakte
    van herinnering
    as sy aan die eensames
    en die soekendes
    terdeë
    die woorde van ondervinding
    soos ʼn goeie koppie tee
    bring

    die baie wat dit verstaan
    is min
    teenoor diè wat woorde
    op ʼn laer vlak beoordeel
    sonder die voordeel
    van insig
    die vrug
    van dekades
    se pen-skuur
    stiltes

    maar sy, die praatskrywer
    sy wou nie
    leer om dit finansieel
    korrek te doen nie
    maar eerder
    emosioneel
    onbeskroomd
    toe sny hulle haar
    soos baie voor haar
    af

    © Torm 2011
    Nota: Geheel en al sonder enige digteres se medewete geskryf. Enige verwysing na spesifieke mense en gebeure is bloot toevallig, voorbeelde dalk van die groter prentjie waaroor die skrywer eintlik hier skryf.

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 4:18 pm