Soos die reuse doodsengel
se finale vlerkgeklap
donder die wete deur my kop
dat iets wat goed was
nou vir altyd verby is.
Soos ʼn vlinder se fyn swewe
is die kwesbaarheid van lewe en liefde -
een fout kan soos ʼn wrede windvlaag
die fyn geweefde koraal knak
breek
en laat val.
Soos die onverskillige honger geraas
van aasvoëls wat krassend toesak
is die woorde van vyande
en selfs van vriende
as dit vars wonde sout sonder die begrip
dat niks
dit regmaak nie.
Maar soos die majestueuse vryheid
van die arend wat die wind bestuur
na nuwe horisonne
so is die hoop wat in my hart swewe
dat ek jou eendag vir altyd
kosbaar sal koester.
© Torm 2011