Die gisters
Ek sit en staar na die gisters van ons lewe in besef opeens
Daar waar ons was jy in wit en ek in my grys pak
Toe die liefde en ons 2 al was wat saak gemaak vir ons
Dit was lank terug se gister
Daar waar die kinders klein klein leer loop het
Toe die karige meubels nie saak gemaak het nie
Dit was lank terug se gister
Daar waar kinders die eerste dag skool gegaan het
Toe my voete my enigste voertuig was
Toe oorlewing al was wat saak gemaak het
Dit was lank terug se gister
Toe ons die eerste huis se sleutel ontvang het
Toe ons saam saam die eerste gras geplant het
Dit was lank terug se gister
En dan weet ek erens hier in ons lewe het iets gekraak
En hier al moes ek besef ‘n gaatjie wat lek word ‘n gat
Hier al moes ek die tekens ,wat almal daar was net raak gesien het
Ek moes toe al die die klein jakkalsies vergif het want daai jakkalsies
Het monsters geword wat van my ‘n lelike mens gemaak het
Die verskriklike gevegte waar dinge gese is wat soos rou sere
Nog steeds vlak in my geheue en in my hart sit
Jy en jy alleen weet waar jy was en wat jy gedoen het
En jy sal eendag jou beserings moet toeskryf aan die spel wat jy speel
Huidiglik vaar jy nog goed maar jy gaan jou vingers verbrand