FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    seën(?)

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    seën(?) Empty seën(?)

    Post by anderkant Thu 08 Sep 2011, 3:02 pm

    ‘n alternatiewe,
    dalk meer gepaste seën
    sou moontlik wees;

    om my jare te voltooi
    en die vervulling van jou drome,
    jou wense en jou gebede
    te deurleef;

    om as gevolg van die genade
    aan jou geopenbaar,
    my laaste asem te neem
    en te mag glo,

    aan ‘n lewe hierna,
    waar dié seën dan ook
    vir my te beurt sal val
    en vir ewig sal hou.

    dié alternatief sou beter wees
    as om vrae te vra en te wroeg
    oor die sin van nou.
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    seën(?) Empty Re: seën(?)

    Post by AmmieMoon Thu 08 Sep 2011, 4:07 pm

    Jimmeltjie tog.....daardie laaste strofe skeur weer my hart.....Jy is 'n ongelooflike mens, is al wat ek kan sê ....

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 9:18 am