by S.J. du Plessis Tue 06 Dec 2011, 2:47 am
Kort- kragtig- intens... Goed verwoord, goeie vloei en kragtige sterk beeld. Mooi.
Dit laat my dink aan 'n versie wat iemand my gegee het as tiener (nou kan ek nie onthou wie die outeur was nie...lank terug jy weet he-he-he) Dit lui: "Your life lies before you like a thick path of snow...walk it very carefully for every step will show..." Die waarheid is natuurlik dat sneeu uiteindelik smelt en alle tekens wegwas daarmee saam...(was seker in Antarktika geskrywe...
) maar in mens se regte lewe is die konsep van jou gedig waarskynlik nader aan die waarheid.
Dit is selfs medies en sielkundig bewys dat ander se opmerkings, dade, ens. neurobane (paadjies) in mens se grysstof van die brein vorm en sodoende optrede, gevoel ens. beÏnvloed. Die seer van onthou...
Soms is dit nodig dat mens die geroesde grendels afkap, die statige eu-oue hartsdeure krakerig oopswaai sodat die Môrelig die nagdikkedonker kan verdryf...die vars soutbelaaide seelug die muwwigheid kan uitvars en die winde van verandering die seer onthou van gister se diepgetrapte voetspore kan wegvee...soos Saldanhabaai se duine...dat net die skoon wit "canvas" oorbly vir 'n nuwe begin.
S.J. du Plessis