Beelde van grootoog uile
vlieg stil
met vlerke netjies gevou
punte na onder
in kamers sonder muise
en buite teen die kraalmuur
skilder duisendpoot
skarrel-spinnekoppe
in die lig van vuurvliegies
terwyl mal motte
rondom-talie al om hulle lampies
sonder om hulle vlerkies te skroei .
Nie ver daarvandaan
in die sandgrondjies
klop-klop toktokkie
en wag en luister
en wag en luister -
skilpad daag op
op soek na kabouter
maar kabouter is nêrens in sig nie .
Kabouters bestaan mos nie !
( 25/12/2006 18h35 )
vlieg stil
met vlerke netjies gevou
punte na onder
in kamers sonder muise
en buite teen die kraalmuur
skilder duisendpoot
skarrel-spinnekoppe
in die lig van vuurvliegies
terwyl mal motte
rondom-talie al om hulle lampies
sonder om hulle vlerkies te skroei .
Nie ver daarvandaan
in die sandgrondjies
klop-klop toktokkie
en wag en luister
en wag en luister -
skilpad daag op
op soek na kabouter
maar kabouter is nêrens in sig nie .
Kabouters bestaan mos nie !
( 25/12/2006 18h35 )