FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    Droog

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Droog Empty Droog

    Post by anderkant Thu 01 Dec 2011, 4:41 pm

    Jy drink jou menswees
    bitter
    onversoet
    dag vir dag

    die more-gloed
    - heuningkelk;
    verskroei, verwelk,
    voortyd reeds

    Jy drink jou menswees
    swart
    onverroom
    dag vir dag

    die more-gloed
    - moedersmelk;
    verdik, versuur,
    voortyd reeds

    soms, soos nou
    drink jy jou menswees
    sonder water...

    (C) 2011 Rudi Prinsloo
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Droog Empty Re: Droog

    Post by SWERWER Thu 01 Dec 2011, 6:46 pm

    Beste Anderkant,

    Hierdie vers bestaan vir my uit twee dele. Die eerste wat die lot of die lewe van iemand bekla en die ander deel wat twee belagrike simbole te wete Moerdersmelk en Heuning noem. Die tweede deel van die vers is vir my treffend omdat dit vir my die effek van dagbreek, die aandag van ander die ongewensde uitwerking van buite beskryf op iets wat vir die induwidu belangrik is. ( Moedersmelk en Heuning en wat dit simboliseer.) Jy beskryf dan op n besonderse manier dat daar tye is wat lewe vir die persoon besonders moeilik is "drink jy jou menswees
    sonder water...
    " so asof die persoon verstik.

    Rudi op my manier lewer ek maar my interpretasie want ek dink dit is wat elke skrywer tog wil hoor. Dit is dan die taak van n kunstenaar om iemand te beweeg om oor n vers, skildery, foto te laat dink en om daardie iemand aan te raak. Hierdie werk laat my nie onaangeraak nie.

    Jou werk is diep en baie gewigtig en dit word so mooi, kunstig en deurdag gepen dat ek elke keer uitsien na enige nuwe werk van jou. Ek is so bly dat jy terug is na jou omswerwinge en dat ons weer die vrug van jou werk kan deel.

    Dankie!

    SWERWER
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Droog Empty Re: Droog

    Post by anderkant Thu 01 Dec 2011, 8:30 pm

    SWERWER-

    Dit is 'n voorreg en eer wanneer jy by my werke stilstaan - jou interpretasie en moeite doen om te verstaan laat my meermale stom.

    Jy het hierdie vers meesterlik opgesom en ek dank die Vader dat iemand dit begryp soos ek dit bedoel het. Hierdie is 'n vers wat mens kan uitryg totdat jy uitasem staan en hyg - op soek na antwoorde wat daar nie te vinde is nie. Die vers het vreemd begin en seker 20 keer verander voordat hy finaal vorm gekry het : die verrassing daarin vir my was dat selfs ek eers die betekenis van wat "wou uit" aan die einde daarvan besef het.

    Dankie vir jou fyn waarneming en bereidwilligheid om hande te neem met almal om jou. Jy inspireer my daagliks.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Droog Empty Re: Droog

    Post by Torm Fri 02 Dec 2011, 1:52 am

    Ek hou veral van die tweede strofe, die beeld van...espresso, is dit? Laat my terugdink aan Chris Rea se meesterstuk 'espresso logic'. Nou gaan ek die cd soek tussen die stof...
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Droog Empty Re: Droog

    Post by anderkant Fri 02 Dec 2011, 4:30 pm

    Torm!!! Jy het die briljante manier om my te laat dink! Jip - Chris Rea...
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Droog Empty Re: Droog

    Post by Torm Sat 03 Dec 2011, 11:29 am

    Oeps, ek bedoel die eerste strofe. Of die gedig is ge-edit of ekke was biekie aanie slaap toe ek daai getik het. Die espresso strofe...ek drink dit nie want dit hou my wakker en I prefer the numbness of sleepiness...
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Droog Empty Re: Droog

    Post by AmmieMoon Tue 06 Dec 2011, 6:30 pm

    Hier sit ek ook met 'n kort vlak asemhaling na die lees van hierdie uiters keurige vers en kan ek aan geen jota of tittel meer dink om by te voeg as wat Johan nie reeds gese het nie...

    Dit is altyd 'n diepe leesgenot om jou werk te mag lees...dankie daarvoor ! Like a Star @ heaven
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Droog Empty Re: Droog

    Post by anderkant Thu 08 Dec 2011, 4:00 pm

    Ammie - baie dankie vir jou inloer en nota hierby. Ek is soos altyd opreg dankbaar daarvoor.

    Sponsored content


    Droog Empty Re: Droog

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Tue 07 May 2024, 2:42 pm