FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Skaakmat

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Skaakmat Empty Skaakmat

    Post by Joan Lotz Mon 21 Nov 2011, 1:32 am

    Die lewe het ‘n skaakspel geword
    ek, die pion op hierdie spelbord
    skuif ek vorentoe, is jy reeds daar
    keer jy gou, weet skielik nie waar
    my volgende skuif heen gaan wees
    gedemp, geen ywer, weghol vrees

    my entoesiasme het opgedroog
    onbekwaam om iets weer te poog
    op die skaakbord venynig omring
    in ‘n hoek, verower, uitgedwing
    glad nie meer lus vir hierdie stryd
    kopklem teen die vloer van die kryt

    gereed om die witvlag te hys
    wil nie voorgee ek is skielik wys
    gee oor, verstand genoeg gelooi
    liewer betyds handdoek ingooi
    jy wen, jy het my in skaakmat
    niks verder, duidelik siek en sat.

    2011/11/17 Joan Lotz

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 2:36 pm