FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    1000 Redes

    Lizette L Snyman
    Lizette L Snyman


    Location | Ligging : Limpopo
    Posts | Bydraes : 5
    Points | Punte : 15
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-20
    Age | Ouderdom : 57

    1000 Redes Empty 1000 Redes

    Post by Lizette L Snyman Mon 21 Nov 2011, 12:47 am

    ek kan aan n duisend redes dink om jou lief te he

    hulle uitkap op klipstawe

    soos n Moses wat die wette voor die volk neerle

    jy's n Godgegewe gawe



    ek kan dit skryf op perkament met veer en in ink

    dit vasslaan teen moskee of kerk

    soos vyf-en-negentig stellings van Luther klink

    in Wittenberg of by jou werk



    'dispatatio pro declaratione' staan daar

    op die kerkdeure vasgeslaan

    'virtutis indulgentiarum' se Luther, maar

    redes oor jou kan mens verstaan



    as ek kon sou ek gaan bieg en my sondes betaal

    by n priester wat sou luister

    deur die klein hokkie langs my sou ek probeer vertaal

    sondes aan die ou man fluister



    ons het Moeder Maria se beeld fyn dopgehou

    later by Jerigo gaan draai

    melaatses van ons weggehou

    op die stadsmuur gesit elk met n coke en n pie



    jy was my Vudu in n donker uur daardie nag

    het stil agter jou rug geskuil

    ons het so baie gesels en soms bietjie gelag

    sonder dat jy weet dat ek huil



    maar nerens in woord en geskrif kan ek sien

    dat jy my enigsins verdien...
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    1000 Redes Empty Re: 1000 Redes

    Post by BennyB Mon 21 Nov 2011, 1:30 am

    Baie powerful stuk werk! Weldone...

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 3:18 pm