FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Kliphard

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Kliphard Empty Kliphard

    Post by Enid Wed 07 Sep 2011, 7:16 pm

    soos yskoue winterweer
    sy hart soos klip verweer
    erosie deur haat
    geplant in sy lewe
    dolleeg gestroop deur verraad
    opgekap deur gulsigheid

    hoe meer hy het
    hoe harder die hart
    ‘n hart vol klipharde smart

    ‘n liefdelose lewe
    want emosies mag hy nie wys
    dit is vir ‘n lafaard bedoel
    opgesom in ‘n dam vol trane
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Kliphard Empty Re: Kliphard

    Post by anderkant Wed 07 Sep 2011, 9:28 pm

    Sjoe Enid, dan praat jy elders van ontboeseming - en hier doen jy dit self! Jy tref kolskoot met hierdie werk en mens staan half moedeloos saam met jou voor die gesig van die dam vol trane. Pragtig gedoen, werklik.

      Current date/time is Mon 20 May 2024, 9:05 am