FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Gypsy moves (Madame Zingara’s Theatre of Dreams)

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Gypsy moves (Madame Zingara’s Theatre of Dreams) Empty Gypsy moves (Madame Zingara’s Theatre of Dreams)

    Post by BennyB Sun 20 Nov 2011, 4:58 am

    Vuurdans adrenalien belaaide
    semi naak figure,
    'n bleek maan
    sleep stert oor koepel tent
    waar lag en drank vrolik groet.

    Gering in sirkels
    kuier wanne bes
    as hul luidrugtig klets en kerm
    boast oor supposed fame en riches
    wyl hul afgunstig neerkyk
    na honger oë
    wat rugkant sit sonder woorde

    Spantou lugdans
    haar puber sexy lyfie
    as sy wulps gatswaai
    in neon spotlight
    voer sy jou weg van die hede
    verly jou in lustige verlange
    as sy die meisie van jou stoutste drome word

    Abstrak die oorgang
    van hede na 'n vergete verlede
    ‘n owerspel waar dekadensie en realiteit nie wil gel
    ‘n droomwêreld in skitter spieëls
    omvou in velvet en stuitige plesier
    jouself verloor in 'n towenaar se handgebaar
    'n magic waas ontvang jou gees
    sonder voorskrif
    sonder reëls!

    As gestroopte takke lewend word
    met dansende donker nag figure
    wees nie gemaklik
    wees nie vertroud
    want in die gypsytuin
    wag donkerlyf plesiertjies
    net vir jou

    Afterall
    the show must go on!

    BennyB
    ©21/01/2011 Barend Booysen

      Similar topics

      -

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 7:28 pm