FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    As die sangoma roep

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    As die sangoma roep Empty As die sangoma roep

    Post by BennyB Sun 20 Nov 2011, 4:54 am

    Stof
    stank besmet kopbene
    dergelike dinge
    botteltjies kruie en ander aardige goeters
    grasmat bloed bevlek
    oë wat vir my loer tussen
    dreadlock krale
    terwyl as ek smag na asem

    kruietakkie smeul
    en dis asof ek my verbeel
    'n dansende skare wagtend op offers
    vanuit die rookmis newels
    ek is hande viervoet
    my merk in rooistof geëts
    my palms bebloed as die
    dolos spieël
    gister se nagmerrie
    in môre se owerspel weerkaats

    ek voel om en dom
    vry verslaaf
    rou in gees
    as sy my seën
    my oë brand

    my onrus wil die kettings breek
    weg van hierdie nagmerrie
    weg van die realiteit
    vêr weg van die stank
    in hoop dat alles net sal ophou

    dan hoor ek weer
    en weer
    die sangoma se geroep

    BennyB
    ©17/01/2011 Barend Booysen

      Similar topics

      -

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 6:27 am