FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Eddie

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Eddie Empty Eddie

    Post by Manie Jackson Wed 07 Sep 2011, 7:16 pm

    Jy is my koelte boom
    Teen die Magaliesberg se noorde hang
    Waar Dasse vroegdag droom
    Die Wonderboom met voelgesang
    Is jy my trots, my oudste seun
    Die pilaar waar ander steun!

    Jy die reen op somers dae
    Jou voetstappe, die gewig moet drae!
    Die fondasie waarop ander kan bou
    My hart se swel as ek jou aanskou
    Sal God jou altyd net seen
    Sal voorspoed jou bereen!

    Mag jy versadig in geluk
    Jou stem die vyand verskrik!
    Jy die kasteel wat vrede skenk
    ‘n Skuilplek wat die wees bedek!
    Ek ook tog so onbevoeg
    Maak dit dat ek soms ook wroeg

    Wil ek die pa wees wat jy verdien
    Weet ek dat God jou ook sien
    Sal jy dan so kan staan
    As die lewe om jou slaan!
    Mag jy nooit nie op jou eie krag vertrou!
    Want sekerlik, KYK! Die val kom gou!

    Moet jy asseblief besef
    Dat net God jou vrede werf!
    Dat net YHWH jou op kan rig
    As jou vriende van jou vlug!
    En daarmee saam moet jy weet
    Dat ek jou baie, baie lief heet!
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Eddie Empty Re: Eddie

    Post by anderkant Wed 07 Sep 2011, 9:29 pm

    Ek sou graag wou bid dat elke ouer hierdie opregte, ware en innige liefde vir hulle kinders in hulle harte mag dra. Hierdie is uiters treffend.
    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Eddie Empty Re: Eddie

    Post by Manie Jackson Thu 08 Sep 2011, 12:37 am

    net so! dankie!

    Sponsored content


    Eddie Empty Re: Eddie

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 20 May 2024, 5:08 am