FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Jy verdof in my geheue

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Jy verdof in my geheue Empty Jy verdof in my geheue

    Post by Enid Wed 07 Sep 2011, 7:15 pm

    jou lewendige beeld vervaag
    soos dof mis spokend in my gemoed
    jou warm hande koud in my geheue
    hoe minder ek jou sien
    hoe minder onthou ek
    (out of sight, out of mind)

    tog malemeul my gedagtes
    steeds rondom jou
    hoe jy na my staar
    aan my raak
    my laat voel

    maar dit bly vae
    mistig, spokende beelde

    seker omdat ek nie meer wil hoor
    hoe mooi ek is
    of hoe lekker ek ruik
    of lekker ek soen nie

    ek wil net hoor
    ek het jou lief
    vir altyd en altyd my lief
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Jy verdof in my geheue Empty Re: Jy verdof in my geheue

    Post by anderkant Wed 07 Sep 2011, 9:34 pm

    Blikskottel - en hier knikker jy my onderstebo, jy pen iets ongeloofliks hier neer: die punt waar "liefde" by verliefdheid oorneem en daardie band nie meer gebreek kan word nie. Het jy al in 'n ou begrafplaas rondgeloop en opgemerk hoe paartjies mekaar "destyds" tot in die dood gevolg het. Die oom sal groet en dan dae, weke, enkele maande later word die steen gewysig om haar aankoms aan te kondig. Een in lewe, een in dood. Sonder mooi praat en geite - innige liefde. Sjoe, skryf ek nou amper 'n opstel. E - puik gedoen! Werklik.
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Jy verdof in my geheue Empty Re: Jy verdof in my geheue

    Post by Enid Wed 07 Sep 2011, 10:29 pm

    Dankie Rudi, ja ek nogal so probleem met my skoonpa...hy treur hom dood

    Sponsored content


    Jy verdof in my geheue Empty Re: Jy verdof in my geheue

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 20 May 2024, 6:08 am