FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Manie

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Manie Empty Manie

    Post by Manie Jackson Wed 07 Sep 2011, 7:12 pm

    My seun, is ek bly dat jy myne is!
    Meer as wat jy ooit sal wis.
    Want ‘n pa is soms vol berou
    Sien ek soveel van my in jou!
    Bid ek God om genade
    Bid beskerming teen die misdade
    Glo ek jou lewe in my gees
    Sal meer geseend as myne wees

    Jou kop is hard, ‘n stormram
    ‘n luiperd welp wat in die takke hang
    Sterk en rats voor die span
    Tou optel en voorwaards gaan.
    Vra net tog seen van die Vader
    Nederig as jy tot Hom nader.
    Was ek nooit bekwaam
    Om n pa te wees in Sy naam!
    Maar is ek deur hom geseen
    ‘n wakker, verstandige seun!

    Sal ek nooit vir beter kan vra
    As die drie wat my naam dra!
    Kraale en kampe sal jou nie gesel
    Want jy is n wilde esel
    Gemaak vir vlaktes en berge
    Slaap jy op vars koring gerwe.
    Sal geen toom jou ooit kan stuur
    Stang in jou mond sal jy nie verduur!

    Is jy my dagbreek in die bosveld
    My trots moet ek meld!
    Leef op die vlerke van jou drome.
    Staan tussen lang, digte bome!
    Sal ek die legkaart skaars verstaan
    Is jy die een wat die pad moet baan
    Maar weet dit in jou drewe
    Dat jou pa jou lief het, heel sy lewe! – Manie Jackson

      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 12:00 am