FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Lykskouing

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Lykskouing Empty Lykskouing

    Post by Rudi Coetzer Wed 09 Nov 2011, 7:26 pm

    Die liggaam van jou en my
    se experience
    lê as ñ Jane Doe
    in ons lewens se lykshuis

    uitgelê op ñ koue marmerblad
    beautiful
    sonder scars
    of enige uitwendige beserings

    en van waar ek staan
    lyk dit nie
    of die liggaam wat daar
    so peacefully lê
    kan dood wees nie ...

    Jy wil dit nie uitken nie
    jy weier om daarna te kyk
    jy weier selfs
    om vir ñ pols te voel -

    staan met jou rug
    koud op dit gekeer .

    Maar ek het nuus vir jou :

    daardie liggaam
    is nog nie ontbind nie
    daardie liggaam
    is nie ñ lyk nie
    daardie liggaam
    is slegs in ñ diep slaap

    daardie liggaam
    is nie ñ Jane Doe nie

    daardie liggaam
    is slegs jou en my
    se experience tot nou toe

    daardie liggaam
    kort net jou en my
    se liefdevolle hande
    om dit regop te trek

    daardie liggaam
    kort net jou en my
    se warm harte
    om dit te versorg

    daardie liggaam
    kort net jou en my
    se ore om te luister

    daardie liggaam
    kort net jou en my
    se antwoorde
    op die ongevraagde vrae

    daardie liggaam
    kort net jou en my
    se in-die-oë kyk
    om die twyfel te verdryf

    daardie liggaam
    kort net my en jou se asems
    om lewe daarin te blaas

    daardie liggaam
    kort net jou en my
    se honesty
    se truth
    om dit immortal
    te kry .

    Draai om
    draai om en kyk

    kyk na daardie liggaam
    wat so beautiful
    daar op die koue
    marmer blad lê
    wagtend op jou en my
    om dit vol lewe te kry

    dan kyk jy na my
    in my oë
    met jou beautiful bruin oë

    jy wat so honest is
    en vir wie truth alles is

    en sê jy dan vir my
    dat daardie liggaam
    slegs ons past
    experience is
    en vir jou dood is

    en dat in daardie liggaam
    in alle eerlikheid
    vir ons geen future is .

    Jy kan nie .
    Jy kan nie

    nie totdat jy nie weet
    hoekom daardie liggaam
    so ongeskonde
    en wagtend daar lê

    wagtend op jou
    om uit te vind
    hoekom daardie liggaam
    van jou en my se journey
    as ñ Jane Doe
    in ons lewens
    se lykshuis lê .

    Totdat ons nie die waarheid weet
    hoekom daardie liggaam
    beautiful
    sonder scars
    of enige uitwendige beserings
    so onnodig daar lê

    kan daardie liggaam
    nêrns heen gaan nie

    en ek en jy
    ook nie .

    In daardie liggaam
    se waarheid
    klop die hart
    van ons toekoms .



    ( 27/10/2007 14h40-28/10/2007 11h49 )
    ( Vind altyd eers die waarheid uit , voor jy oordeel , voor jy besluit ) !


      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 03 May 2024, 8:33 am