FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Dit was oorlog!

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Dit was oorlog! Empty Dit was oorlog!

    Post by Manie Jackson Wed 07 Sep 2011, 2:24 pm

    Dit was oorlog,
    S.A.W. die bruin gedrog!
    Oral vrees ingepalm.
    Oor tv, radio die land weergalm!
    Almal wis die ewige diensplig
    Elke jong seun geroep om te verig
    Bruin laphoed
    Baalsak vol vuil wasgoed.
    Niks kon jou werklik voorberei.
    Die hitte, die stof, die honger kry!
    Die grens, die vrees, die tyd!
    Doring velde. Onheilspellend en wyd!
    Die Staande mag, die Weermag!
    Die ongenaakbare, regeerende gesag.
    Opgeroep, gegryp om te beskerm
    Jou land en volk, politieke gekerm!
    Om op te staan teen die Rooi gevaar!
    Om jou self te staal teen die Afrika barbaar!

    Jong manne af ge-oes.
    Seuns se lewens so verwoes.
    Van die gelukkiges het vinnig gesterwe
    Ander sal in die donker vrae swerwe!
    Want elke aand as die skemer sluit
    Stemme, beelde, blitse, die bosse teen die ruit!
    Rekkies, troepe, manne.
    Gebroke, vergruis, gevange!
    Senuwee drade, styf gelyn!
    Stadig...soekend…die landmyn!
    Wrakke , gedagtenis...geskiedenis?
    SWAPO, Kaprivi, Ovamboland se gebiedenis!
    Gewere, range en pelletonne.
    Ratels, helikopters, verskillende batteljonne!
    Weggegooi voor die somers wind.
    Weggedwing sonder keuse – nog kind!
    Gekamovleer, in bruin univorm!
    Geleer om nie te praat nie, dis die norm!


    Nog ‘n maand, ‘n week, ‘n nag
    Nog ‘n stil figuur hou erens die wag!
    Die eens magtige bruin masjien!
    Nie so lank dan, later uitgedien!
    En vandag is jy uitverkoop
    Jou gewete in jou makers se bloed gedoop!
    Jou leiers, jou verraai!
    Hul woord en daad oor die veld verwaai!
    Waar grafte le onder onse blou
    En sommige van ons dit nog onthou.
    Want ons helde is nie vergete.
    Soek ons iets om te kan glo, ‘n rede!
    Want dis swaar om nog te kan vertrou
    Om uit dit alles iets lewends te kan behou!


    Manie Jackson



    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Dit was oorlog! Empty Re: Dit was oorlog!

    Post by BennyB Wed 07 Sep 2011, 2:34 pm

    Manie
    Daai is 'n tyd wat meeste van ons graag wil vergeet. Dis ook 'n tyd waar ons net in die nag deur nagmeries besoek. Ek begin nou eers na amper 25 jaar vrede maak in myself en waar ek nie meer in die nag wakker skrik in koue dooie sweet nie. Ek wonder tog of dit iets is wat ek verder wil onthou....
    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Dit was oorlog! Empty Re: Dit was oorlog!

    Post by Manie Jackson Thu 08 Sep 2011, 12:39 am

    Dalk Benny. vir dit waarin ons glo, geglo het en vir die wat nie terug gekom het nie.

    Sponsored content


    Dit was oorlog! Empty Re: Dit was oorlog!

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 20 May 2024, 4:53 am