FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Pretoria

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Pretoria Empty Pretoria

    Post by Manie Jackson Wed 07 Sep 2011, 2:20 pm

    Gee my genoeg spasie en tyd,
    Leef ek in die illusie van vryheid.
    Tuur ek laatmiddag oor die hoeveld,
    Gedagtes ver verby sin en geld.
    My baadjie sag gepluk.
    Gedagtes gedwing vir ‘n ruk.
    Het Ermelo se herfswind vandag koud sy pad gevind.

    Pretoria, Pretoria. Sal die heimwee in my skuil,
    Sal en dit tog ooit veruil?
    Gaan soek in ‘n ander land.
    My boompie erens anders gaan plant.
    Hoeveel maande nog, snel verby.
    Voor ek weer jou Jakaranda reuk in my neus sal kry.
    So lank sal die verlange, my deurboor.
    Voor ek die gerusstellende dreun van donderweer weer in jou strate sal hoor...


    Manie Jackson 2011

      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 11:07 am