My eie kleine wipneus dogtertjie,
Hoe lank het ek nie gedroom van my eie kleine bondeltjie
Vinning, vinnig het jy die tekens begin gee vir jou aankoms
Wit hospitaal mure vlieg by my verby oppad na uitkoms.
Maar voor alles in gereedheid gebring is vir jou
Was die kleine liggaampie in kombersie toegevou.
Kleine dogtertjie in arms van moeder gevang
Trane van blydskap biggel oor haar wang
Tien klein vingertjies, Tien Klein toontjies,
Donker haartjies op die kroontjie.
Groot was die verrassing met jou eerste huil
Waar sou ons ooit kan droom dat ons jou verruil
Snoesig warm in bedjie gele,
Te opgewonde om jou te he.
Aan ons Vader die dank en eer.
Vir dogtertjie klein en teer.