FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Kurkies, my gruwelooslike stokstertmeerkat !

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Kurkies, my gruwelooslike stokstertmeerkat ! Empty Kurkies, my gruwelooslike stokstertmeerkat !

    Post by AmmieMoon Tue 01 Nov 2011, 1:41 am

    Het julle geweet ek het ligjare terug 'n stokstertmeerkat as troeteldier
    gehad?....Ek het hom as babatjie een vakansie van De Aar in die Karoo,
    af saam huistoe gebring. Hom gekoop vir R2 by plaasvolk wat hom met 'n
    stuk bloudraad om die nek, agter hulle aangesleep het in die stofpad. Ek
    moes 'n spesiale permit kry om hom in Paarl se dorps gebied as
    troeteldier aan te hou en natuurlik teen hondsdolheid laat inent. Sy
    naam was Kurkies en was die mees koddige en verruklikste troeteldingetjie
    onder die son gewees....STOUT...godsgruwelik stout, maar so beminlik en
    liefdevol....Wat hy nie alles aangevang het nie!!!....giggel

    Hoekom Kurkies?...Dinges ek weet nie, hy het net gelyk asof hy 'n
    meerkat genaamd Kurkies moes wees, toe noem ek hom so, sien?...anyway

    Hy was gruwelooslik!...Ek was sestien en baie baie hubaar toe hy my lewe
    in gekriewel het...Die stroom van jong kêrels na ons huis toe was
    lewenslank en my drie broers moes skofte wagstaan om hul enigste sussie
    se kuisheid te beskerm...dinges!!...party poopers!...giggel...anyway

    Kurkies het besluit hy sal as aflos dien as een van die broers nie
    beskikbaar is vir ''diensplig'' nie. As die kêreltjie inkom was Kurkies
    amptelik die verwelkomingskomitee...vol toertjies en stuitigheid, maar
    laat die jongman nounet regs van my plaas neem op die rusbank, steek die
    klein ''gremlin'' in sy gene kopuit...Het die dingesse gewoonte gehad
    dat sodra die jongman se vlees aan my vlees raak, hy hom sal bevlieg en
    aan die hakskene byt!..Erger nog, soms het hy gespring en die arme
    ridder aan die skaamdele beet gekry...Phokket...het jy al gehoor hoe
    breek 'n tiener seun se stem binne sekondes ?....Miemmie Coertzer se
    dinges!!..,Hulle het oktawe gehaal wat Pawarotti soos 'n straatsanger
    sou laat klink!...giggel...Hy het menige jongman se trots en selfbeeld
    binne sekondes van hulle gestroop!...die klein wetter!!....

    Ek is oortuig enkeles van die vryers se toekomstige bruide het erg skade
    gelei in enige gesins-uitbreidings-idees wat hul met hul jong viriele
    bruidegoms in gedagte gehad het en onverklaarbare letsels op dele wat
    selde son sien moes baie vrae in die slaapkamer ontlok
    het!....giggel..anyway

    Nodeloos om te sê dat die aanloop van vryers drasties verminder het soos
    die woord versprei het van die klein ''sedebewaker'' en ''shok-stok''
    by die Maanwip se huis! Kyk, sestien en vry loop hand aan hand en
    Kurkies was besig om my ''geboortereg'' van my te ontneem. Ek het geweet
    'n pot lensiesop gaan nie hier as omkoop geskenk my hubare status
    herwin nie. So ek maak toe 'n ''deal'' met Kurkies, Hy laat die
    vryers-klonge se ''kroonjuwele'' met rus in ruil vir al die tjoklits wat
    hulle vir my aangedra het. Dit was 'n wen-idee, want sien Kurkies was
    'n soettand. Hy sou op 'n goeie dag die stok in sy stert verruil vir 'n
    ''soetbekkie''....giggel...anyway

    Die string vryers het weer mooi begin aanteel en die voorraad
    vry-tjoklits het verdriedubbel! Die klein hel was nog kieskeurig ook
    gewees. Weens 'n oormaat van tjoklits het die kaartmannetjie voorkeure
    begin ontwikkel. Net ''top-deck'' en ''aero'' het sy fancy getickle !!
    Ek dink steeds Cadbury se verkope het drasties begin styg gedurende die
    laat tagtigerjare en nou weet julle hoekom!!.....Dinges!! en dan was
    daar nog Mev. Dominee se klein teef Jack Russeltjie wat se hitsige boude
    vir Kurkies erg mooi was...maar wag, laat ek liewer nie daai
    konsternasie openbaar nie...giggel

    So het hierdie klein Karoo-goggatjie vele hoofstukke geskryf in my
    lewensboek...sommiges skandelik en sommiges seer mooi! Maar hy was myne
    en vir al sy lewensjare was ek en hy onafskeidbaar!

    © 2010 Almarie Truter
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Kurkies, my gruwelooslike stokstertmeerkat ! Empty Re: Kurkies, my gruwelooslike stokstertmeerkat !

    Post by SWERWER Mon 07 Nov 2011, 9:42 pm

    Ja Almarie Truter,

    Vir jou grafsteen sal hulle nie genoeg plek he om sinvol oor jou lewe te skryf nie. Al is dit hoe kripties en gekodefiseer sal daar n hele berg uitgekap moet word om daai opstel sinvol te kan skryf. Daar steek seker waarheid in die gesegde dat n troeteldier is die verpersoonliking van sy eienaar en dat 'die dier met tyd die karaktereienskappe van sy baas aanneem. skrikwekende gedagte as ek aan Kurkies nou staan en dink. Nee o dinges man waar loop my verbeelding nou met my rond? Ek wonder tog!

    Dit gese is ek bevrees dat die Weskus of oorlaai is met mans met stemme wat klaarblyklik nog nooit gebreek het nie of die Weskus besit die wereld se vetste meerkatte. Daar is egter n ander moontlikheid, ek maak n afleiding van "ligjare terug", dat die manne se stemme nou bulder en dat hulle of jy die tekens van tjoklet oordadigheid toon.

    Vraag is wie staan nou wag oor die manne se kuisheid en wie dra nou die tjoklets aan?

    Rolling Eyes


    SWERWER
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Kurkies, my gruwelooslike stokstertmeerkat ! Empty Re: Kurkies, my gruwelooslike stokstertmeerkat !

    Post by Louisa van Vliet Tue 08 Nov 2011, 5:05 pm

    Ek het nou so lekker gelag oor al hierdie manewalesis wat plaas gevind het met hierdie diertjie van jou. Jou woordeskat is uit die boonste boeke, jou humorsin aan woorde trek my erg. Sterkte met al jou skrewe.

    Sponsored content


    Kurkies, my gruwelooslike stokstertmeerkat ! Empty Re: Kurkies, my gruwelooslike stokstertmeerkat !

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 4:21 am