FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Openbaring

    bennyb&ammiemoon
    bennyb&ammiemoon


    Location | Ligging : Sproesrania
    Posts | Bydraes : 3
    Points | Punte : 9
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-09
    Age | Ouderdom : 55

    Openbaring Empty Openbaring

    Post by bennyb&ammiemoon Wed 26 Oct 2011, 1:33 pm

    wilde woeste winde
    waai om blinde bang hoeke
    van my eenalleen huis
    met donker donder dawers
    wat ratel teen my ruite

    en buite
    snik smeek en soebat
    'n diep duister onweer
    teen my skugter winter hart...(a)

    Jou sag sagter sagste asem
    lek in my nek
    waar ek knus teen die kou
    snoesig in jou warm liefde vou
    ek's veilig vir nou...(B)

    my eens bevrore hart
    begin in vreemde tale praat
    toe jou soelvat hande
    die verre vreemde lande
    van my bloosblos rondings verken

    voel ek winter uit my litte wyk
    toe ek sag beswyk
    in die skuilholte
    neffens jou oopgesperde bors...(a)

    Die stormloop
    van my rou emosies
    lei my nader aan jou
    waar jy jou hart
    aan my ontbloot,

    verlei my hand my eie hart
    waar my vingers oor jou dans
    in my verlustiging
    van laatnag verlange...(B)

    ek laat sak my hoof
    want ek het myself beloof
    dat jy nooit ooit mag
    die liefde uit my oë sien skyn,

    uit vrees
    dat ek verbaas en broos sou wees
    vir wat ek dalk
    in die blousel blou
    van jou kyk sou lees...(a)

    Tussen die storm wat buite woed
    en die kalmte van jou hart
    staan jy sterker as ooit
    en ek weet hier en nou
    sal ek jou kan wys
    dat jy nie hoef te vrees

    want saam sal ons
    onder die waakkring van die maan
    'n nuwe seisoen ervaar...(B)

    BennyB
    © 09/06/2011 Barend Booysen

    AmmieMoon
    © 09/06/2011 Almarie Truter



    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Openbaring Empty Re: Openbaring

    Post by Claira Summers Wed 26 Oct 2011, 3:32 pm

    Passievol en pas baie goed in! Knap vers van julle albei

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 12:00 am