Maybe
Met fake skarlaken-rooi naels vee sy ’n geteasde bottel-blonde haarsliert van haar voorkop af.
Vanuit half-gesluierde ooglede met pienk en blou skakerings toegeverf, koket ‘n paar smeulende oë onderlangs, deur blue-black beplakte wimpers.
Maybe she’s born with it –maybe it’s Maybelline, maybe sommer ‘n no-name brand van Checkers of Pick ’n Pay.
Hol wangbene volrond ingekleur met onbepaalde tint wat bloot ‘n swak mengsel tussen rooi en bruin is.
Sy tuit ’n soen-aksie met haar plum-besmeerde lippe – maybe it’s Maybelline, maybe sommer ’n cheap lipstick stafie by die vlooimark se buy one get one free uitverkoping – want dit klou vas aan die filter van die sigaret wat sy inteug en ’n vlekkie het op haar gechipte voortand agtergebly.
Aan haar spitsken klou ’n klontjie half-ingevryfde Charlie (beslis nie Maybelline) onderlaag, waarvan die vervaldatum op die botteltjie lankal nie meer sigbaar is nie, spiteful vas.
Tussen die gleuf van haar cleavage – goed vasgevang in die padded Chinese-store bra (wat Wonderbra ’n run vir hul money kan gee), hang ’n oorgeblaasde goue kettingtjie met ’n (plastiek?) pêrel parmantig.
Geen rondings word verbloem deur die noupassende one-size-fits all bloesie .Die onderste soom raak net-net aan die swart kunsleer mini wat oor haar heupe span.
Visnet-stockings met ‘n uitgerafelde stuk rek vasgespeld aan haar g-string, bedek gedeeltelik haar bobeen en kleef aan knopknieë en verbleikte kuite, wat klaend saamtrek bokant enkels wat bewerig balanseer op deurgeloopde rooi spyker-haak stilettos.
Slaggereed paradeer sy heen en weer.
(On?)geduldig wag sy vir ’n (slag)offer.
Maybe she’s born with it, maybe it’s Maybelline.
Maybe rook sy nie vanaand heelaand Luck Strike nie. Maybe strike sy dit lucky vanaand.
Maybe...