FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Enigma

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Enigma Empty Enigma

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 2:54 pm

    palms pers mosklam van inner weet
    (dus 'n stryd met nimmer einde)
    jou oë, god weet jou oë boor deur
    grotwande en klowe tot waar jy my
    onverhoeds kerker tussen onthouding
    en smag

    'n hart neig vreemd en skuifel sleepvoet
    oor die drumpel van rede toe jy klein grys gooi
    in houtrame vol glas

    jy ruik nog na vars bloed
    ek voel 'n slagaar wat donder agter ribbebeen
    en ek ween teen 'n halfvoltooide maan

    jy weet ek weet jy weet ek weet jy weet
    hierdie woud se dieptes is nog onontgin,
    in einde setel slegs 'n weer-begin
    en die poisen ivy om my bors smoor die
    deinings van my lyf

    palms pers mosklam van inner weet
    (dus 'n stryd met nimmer einde)
    jou oë, god weet jou oë boor deur
    grotwande en klowe tot waar jy my
    onverhoeds kerker tussen onthouding
    en smag.


    © 2011 Almarie Truter

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 3:25 pm