FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Sieners, sondes en 2012

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Sieners, sondes en 2012 Empty Sieners, sondes en 2012

    Post by Claira Summers Fri 20 Jan 2012, 12:22 am

    Deesdae hoor ons al hoe meer van hierdie sogenaamde profete, voorspellers en sieners. Steek daar n waarheid in al die gepeupel oor wat heel moontlik in 2012 met die wereld kan gebeur? Hoe sal ons tog met sekerheid kan se ?

    Soveel vrae wat stil staan sonder antwoord en net wag vir die waarheid en die uiteindelike stom aarde. Aardverwarming, besoedeling en die mens se ongenaakbare lus om alles wat dit verniet gegee is van selfsprekend te aanvaar en beter te wil maak volgens ons, maak dit alles so tasbaar en waarskynlik. Maar moet ons voorberei op die ergste op die
    21ste Desember 2012, of kan ons maar met ons lewens soos ons dit ken aangaan. Is dit n wyse idee om ons kinders te leer oorleef in slegte omstandighede en dalk voorraad van die nodigste bymekaar te maak ? Wat die mees wyse besluit is om nou al te neem, om te verseker dat jy en jou gesin die voorspellings oorleef.

    Die natuur sal waaskuwings tekens openbaar nader aan die tyd. So se kenners op die gebied. Diere sal in groot groepe immigreer na meer veilige plekke en nog veel meer. Maar is daar werklik feitlike tekens wat ons op kan staat maak ?

    As daar wel iets kan gedoen word om ons voor te berei op die ergste, is dit dan nie elkeen se verantwoordelikheid om hierdie moontlikheid van natuur rampe en vinnig veranderende weer patrone, dalk paniek en frustrasie aan die mens se kant, te bestudeer en jouself en jou kroos weerbaar te maak nie ?

    Ek sou wou glo hierdie goed gebeur net in rolprente, maar heelaas dit doen nie. Oral hoor ons van buiten gewone natuur rampe en duisende mense wat elke dag n stryd het om oorlewing. Ons kan wel ook in daardie situasie beland. Dit kan ook wereldwyd skade veroorsaak om nie te dink aan ons ekonomie en tegnologie nie. Dit kan n stilstand in ons samelewing oor die algemeen veroorsaak.

    Daar is nog twee ander gedeeltes van hierdie aaklige legkaart wat moet oordink word. Wat van die rol wat ons politiek en ons leiers regoor die wereld hierin speel. Steek hulle nie vir ons feite weg nie ? Probeer hulle nie voortydige paniek voorkom, en net die room van die samelewing te red soos dit in verskeie rolprente uitgebeeld word nie. Kan dit werklik met ons gebeur of het die sieners en profete net sommer geskryf.

    Die volgende gedeelte is geloof. Watter rol speel ons God in hierdie drama. Hy die Almagtige Vader het dalk al genoeg gehad van ons ondankbare en gulsige optrede. Hy het dalk genoeg mooi gevra en ag dit nodig om almal bietjie oor die vingers te tik, en ons weer op ons kniee te dwing en Hom raak te sien en tyd te maak vir die dinge van die Gees. Vra Hy dalk dat ons kniel, om weer later op te kan staan ? Dit is alles moontlikhede, die patroon wat natuur rampe deesdae volg kan tot baie verskillende gevolgtrekkinge lei.
    Sal ons die legkaart kan aan mekaar sit voor dit te laat is, sal ons die siele van ons gesinne, kroos, naaste en self kan help red deur wysheid en realisme te kombineer, kennis is mag en dit is in die verlede oor en oor bewys.

    Dit is werklik iets om oor te dink, iets om te oorweeg en met soveel moeite en sorg is die voorspellings uitgele en neer geskryf. Die kool sal nie die sous werd wees, as dit alles net spekulasie en selfs fiksie is nie. Wat sou die doel wees om die wereld te waarsku baie jare voor so iets sou moes gebeur ?

    Is 2012 ons laaste jaar in die wereld soos ons dit gewoond geraak het ? Of is die toekoms maar net soos normaalweg n oop skoon skilderdoek. Dit is op die ou einde elkeen van ons se eie besluit om te glo of nie. Maar die saak is beslis oordenking en meer kennis inwin werd. Sterkte vir een en elk met n nuwe jaar vol raaisels en hoop.

    So baie vrae, wat rond swerf sonder antwoord.

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 5:44 am