FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    "n kykie op heksery en Wicca

    avatar
    Guest
    Guest


    "n  kykie op heksery en Wicca Empty "n kykie op heksery en Wicca

    Post by Guest Mon 17 Oct 2011, 2:07 am

    Teenstrydig met die wat kies om ons te oordeel en te vervolg of om leuens aangaande ons te versprei, is Wicca en dan ook Witchcraft en Witches (Hekse) vrede liewende, leef graag lewens in harmonie en balans en probeer sodoende 'n eenheid met die skepping en alles daar binne te handhaaf>
    Ons het diep bewondering vir die eenvoudige gawes wat daagliks deur die heelal vir ons gegee word, om 'n sonsopkoms of ondergang ten volle te kan waardeer, die reuk van n woud, die lig van 'n perfekte volmaan, 'n veld vol wuiwende gras. En so kan ek aangaan en aangaan oor elke klein wonder wat meestal deur ander mis gekyk word,...'n enkele veer wat sag op my kom lê, die verskeining van 'n meerkat in my voordeur, 'n enkele perfekte blom in 'n verdroogde veld,..
    Wicca is die eerste sneeu, die eerste somer reën, die skadu 'n berg blou pers teen die rante gooi,. Die gedruis van 'n waterval, wicca is duisende gawes in die skepping elke oomblik in elkeen se wêreld om hom. Wicca is om in die gees van die Godin en die God te staan om nederig en verleë te buig voor hierdie aarde wat die skepping is, hierdie skepping die Tempel, die arrogansie van moderne tegnologie het geen plek daar waar hierdie skepper aan ons siele raak nie , daar waar die waarheid skyn! Om 'n heks te wees is om 'n geneser te wees, 'n leermeester, 'n soeker na waarheid, 'n skenker van self, 'n beskermer van die wat in ons pad gesit word en van die skepping self! Hierdie pad is 'n pad wat jy kies omte loop met eer, integriteit en lig I

    Wicca is 'n geloofs-tradisie en leefwyse gebaseer op die herkonstrueering van die ou geloof voor christus, soos tradisies bepaal het uit Ierland, Skotland en Walliese tyd. Ongelukkig is baie van die kennis verlore weens die pogings van die middeleeuse kerk om hierdie leefwyse totaal uit te wis uit geskiedenis .  
    Danksy argeologiese ontdekkings het ons darem 'n basis van die geloofsisteem wat teruggespoor kan word so ver as die Paleolitiese mense wat die Jag God en die Vrugbaarheid godin aanbid het. Met die ontdekking van grot tekeninge ongeveer 30 000 jaar oud, kon verskeie gode reeds toe ge-eien word en kan duidelik gespoor word dat Wiccanism ongeveer 28 000 jaar voor christendom reeds bestaan het.
     
    Heksery is in die antieke tyd beskryf as die ambag van die Wyse, aangesien meeste van die volgelinge in sinkronie was en is met die natuur. Hul het kennis van plante en medisyne, gee van begin van tyd af raad en advies en was 'n Sjamaan of geneser 'n waardevolle bate in enige gemeenskap. Die besef dat mens nie verhewe is oor natuur en sy kreature nie maar dat almal slegs deel is van 'n integrale deel van die skepping, sigbaar en andersins nie sigbaar maar steeds deel van dieselfde eenheid. Toe reeds is verstaan dat wanneer jy van moeder aarde neem moet jy weer terug gee om sodoende die balans te handhaaf. Chief Seattle het gesê: ons besit nie die aarde nie ons is slegs deel van die aarde” duidelik het die moderne mens daardie perspektief op balans verloor en begin glo dat tegnologie sal die balans kan herwin! As gevolg van hierdie wan balans ondervind ons daagliks ekologiese rampe, en natuur fratse. Ons eie self totaal uit balans is onderhewig aan stres, ongelukkigheid en soveel dooie siele wandel rond in afgematte lywe elke dag in roet en rook en ongewone geluide, met vals hoop dat 'n pilletjie, 'n drankie of 'n gebedjie die balans wonderbaarlik sal herstel!
    Vir die afgelope paar honderd jaar is die beeld van “heks” verkeerdelik as boos, goddeloos, heiden, ongeregtig afgemaak! Volgens my mening is hierdie verdraaide beeld die oorsaak van verskeie dinge, wat ek nie vandag hier onder bespreking gaan plaas nie.

    Wat Heksery is



    heksery is die innerlike geloofsisteem wat vrye denke en wil vir elke individu voorhou en aanmoedig, die studie en begrip van die aarde,die heelal, die natuur en alle lewende organisme word aangemoedig. Belangriker as dit is die verantwoordelikheid wat in die pad aanvaar word. Ons aanvaar verantwoordelikheid vir ons dade en aksies asook die gevolge van die besluite ons neem en volg. Ons blameer nie eksterne faktore of persone vir ons eie tekortkominge nie. As ons 'n gemors maak wat pyn aan ons of ander veroorsaak moet ons breë skouer gaan staan en aanvaar dat dit ons skuld is en niemand anders sin en moet ons die gevolge daarvan vat geen geneul of kla daaroor!  
    Ons erken die siklusse van natuur, die maan fases, die seisoene die gety en vier ons spiritualisme in hierdie siklusse en eer die skepper , en ons gode. Dit is ' n geloofstradisies wat ons toelaat om saam met ons gode , nie binne ons gode te handel solank die doel steeds is om in harmonie en balans met alles te leef
    die “spells” wat ons doen wentel om genesing, liefde harmonie, wysheid, en skeppende energie en kreatiwiteit. Die “potions “ wat ons stir en bubble gewoonlik n koliek mengsel, 'n medisyne vir hoes, dalk n vlooi dip vir die hond. Ons strewe daarna om kennis en gebruik van natuurlike middels wat op die aarde vir ons geplaas is te gebruik. Sintetiese medikasie word slegs in uiterste gevalle gebruik!
    Hekse glo in die gees van een, god en godin wat leef in alle entiteite hetsy mens plant of dier in elkeen van die natuur se kreature, dus is ons tot eer geroep om alle lewe te eer en te respekteer in alle manifestasies sigbaar en onsigbaar.
    Aangesien hekse vir baie eeue vervolg was en selfs nog is, glo ons eerstens in geloofsvryheid! Ons sien nie ons weg as die enigste weg om spiritualiteit te bereik nie maar as een van die paaie tot dieselfde doel. Ons is nie 'n sendelinge godsdiens wat uitgaan om lede te werf en ander gelowe te hervorm tot ons insig nie, ons deel graag ons filisofie kennis en ondervinding met die wat werklik belangstel en vra. Ons glo dat elkeen wat bedoel is om hierdie pad te loop dit deur hulle eie soektog sal vind aangesien die godin met almal spreek in haar eie tyd en manier. Wiccans is verdraagsaam en ontvanklik teenoor alle ander gelowe solank hulle geloof nie vervolging van ander verkondig en solank die doelstelling “ Harm none” nie oortree word nie.

    Wat hekse nie is nie

    wicca is nie n kultus nie, ons verkondig nie dat ons die spreekbuis vir die goddelikheid is nie, ook poog ons nie om ander te oortuig om ons leiers te volg nie
    ons aanbid nie satan of gaan met demone om nie, satan is n christelike skepping en hulle kan hom maar gerus hou! Ons word nie deur ewige hel vuur en verdoemenis gedwing om aan ander goed te doen of om reëls te volg nie, ons doen dit want ons wil tot ons eie balans en voordeel. Ons kies om ons broeders en susters lief te hê , dalk is dit 'n volwassenheid in self en geloof ding
    ons gebruik nie diere of mense vir offerandes nie want dit sal die teen die basiese beginsel van “Harm none” indruis! Enige een wat dit doen en se hulle is hekse lieg!
    Ons het nie nodig om van ander lewens energie te steel of om dit in n ander te probeer beheer om een of ander bonatuurlike of magiese mag te bekom nie. Ons trek ons energie vanuit self, die aarde en ons persoonlike verbintenisse wat positief en in balans is met mekaar en met die heelal.
    Ons gebruik nie die kragte van die natuur of skepping om vloeke en hexes op ander te sit nie weer eens sou dit kontra met ons leefwyse en begrip wees!
    Hekse het 'n baie sterk geloof in die wet van drie, so wat ook al ons uit stuur sal drie fout na ons toe terug kom hetsy goed of sleg, met dit in gedagte sal 'n ware heks baie sterk oordink om negatiewe “magick” te doen of om ander te manipuleer want verseker gaan dit boemerang een of ander tyd en haar met drie keer daardie mag in die wind slaan.
    Dit meen nie hekse is perfek nie, ons is menslik nes al die ander mense en maak foute en verkeerde besluite. Aangesien daar baie is wat hul lewe daaraan wei om die mens dom te help en die wêreld 'n beter plek te maak is daar ook daardie wat misbruik daarvan maak. Dieselfde foute is in hekse net soos in enige ander mense.
    Meeste van ons is gedurig besig om die potensiële gevolg van ons dade en aksies te oorweeg en op te weeg en ons huiwer om enige ritueel, spell of rite te doen alvorens ons die gevolge in ag geneem het.

    Die hart van die heks is nie iets wat ek in 'n klompie paragrawe kan opsom, aangesien die pad deur die die god en godin vir elkeen anders uitgelê is. Om werklike begrip vir wicca en die handelinge daarom te kry sou ek aanbeveel dat navorsing gedoen word daaroor.
    Deur wysheid en woorde daar gestel deur baie eeue sal jy kennis vind en daarin dalk die begrip van ons oortuiginge! Jou innerlike wese sal jou gou waarsku as dit wat jy lees vals is en nie deel van die werklike prentjie nie. Onthou om met jou hart te lees want dit is dan wanneer lewe en die heelal binne jouself die voordeel van die kennis sal ontvang!

    Blessed Be!



    Nam qui volunt veritas revelatur;
    APERIO hats et secreta aperi.
    Ex hoc nunc, donec de eius iterum
    Post quem finem memoria.
    Nam qui nunc in domo hac,
    Will audire veritatem ex ore tuo.


    Last edited by Ronel Holtz on Mon 17 Oct 2011, 2:41 am; edited 2 times in total
    avatar
    Beertjie


    Location | Ligging : Kempton Park
    Posts | Bydraes : 3
    Points | Punte : 3
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 68

    "n  kykie op heksery en Wicca Empty Re: "n kykie op heksery en Wicca

    Post by Beertjie Mon 17 Oct 2011, 2:20 am

    Dankie ronell, ek het dit besonder insiggewend gevind en kyk werklik met nuwe oë na Wiccans ... dankie dat jy ons ingelig het ... waardeer dit ...
    avatar
    Guest
    Guest


    "n  kykie op heksery en Wicca Empty Re: "n kykie op heksery en Wicca

    Post by Guest Mon 17 Oct 2011, 2:28 am

    plesier is myne!
    ek deel graag
    avatar
    Beertjie


    Location | Ligging : Kempton Park
    Posts | Bydraes : 3
    Points | Punte : 3
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 68

    "n  kykie op heksery en Wicca Empty Re: "n kykie op heksery en Wicca

    Post by Beertjie Mon 17 Oct 2011, 2:47 pm

    Uiteraard is daar baie dinge waarvan ek verskil, maar ek het nou 'n beter begrip van jou as mens, en disd wat belangrik is, nê?
    avatar
    Guest
    Guest


    "n  kykie op heksery en Wicca Empty Re: "n kykie op heksery en Wicca

    Post by Guest Mon 17 Oct 2011, 3:20 pm

    Ek eer jou reg tot verskil van my, en vind dit amusant dat juis jy die enigste mens in 33 lese is wat sterk genoeg in self staan om kommentaar te lewer! dankie!!
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    "n  kykie op heksery en Wicca Empty Re: "n kykie op heksery en Wicca

    Post by Claira Summers Fri 06 Jan 2012, 3:43 am

    Helo GUEST - Mis jou nogals hier op freestyle. Ek het vanaand eers n bietjie deur die ander dinge op freestyle geblaai en toe hierdie stuk van jou ook. Was baie intrsnt vir my. Mense wat nie altyd mekaar verstaan en mekaar se sieninge respekteer nie, in onkundig, en kennis bring mag. Daar is so n fyn fyn lyntjie tussen hierdie dinge van die spirituele en geestelike dat dit eintlik lagwekkend is dat ons mekaar uitjou en skel. Dit is so ironies eintlik. Baie dankie vir die insigewende stukkie inligting en stukkie van jouself. Blessed Be.

    Sponsored content


    "n  kykie op heksery en Wicca Empty Re: "n kykie op heksery en Wicca

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 6:18 am