FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Sluimer

    Elmi
    Elmi


    Location | Ligging : Kaapstad
    Posts | Bydraes : 28
    Points | Punte : 70
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-07
    Age | Ouderdom : 55

    Sluimer Empty Sluimer

    Post by Elmi Mon 07 Nov 2011, 4:16 pm

    Is 'n slaapsluim droom dan tweedehands
    mag ek dit maak pas agter pandjieswinkel glas
    om meer nou as dan te mag staar daarna
    en weer te droom in dowwe lig van onbewus

    Deur die fluister wees versigtig massa beur
    na die kom na my wat in jou hartklop wag
    Naak gestroop van wantroue, venyn en seer
    In eenwording smag en snak oor aanraking teer

    Sal elke wakker uur dan genadig wees
    die droom sluimer bewustelik op bekende pad
    tot by die pandjieswinkel van slaap
    waar ek vrywillig dag verpand vir nag

    Elmi ©
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Sluimer Empty Re: Sluimer

    Post by SWERWER Mon 07 Nov 2011, 7:39 pm

    Elmi,

    Ek hou van slaapsluim en die gebruik van Pandjieswinkel so asof sluimer tweedehandse slaap is. Ek hoop net nie dat slaap jou ontvugting is nie. Smile

    Netjiese stukkie werk!

    SWERWER
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Sluimer Empty Re: Sluimer

    Post by AmmieMoon Tue 08 Nov 2011, 11:36 am

    Jou eerste 2 reels en laaste 2 reels van hierdie gedig is besonders treffend en snoer die werkstuk as geheel tot leesgenot! Wel gedaan!

    Hey Girl!
    Welkom hier op die ''Hoërskool'' se speelwerf...dis heerlik om jou werk ook nou hier te sien.....Vir 'n oomblik het die naam Elmi my afgegooi tot ek die foto sien Very Happy...ps: ek verjaar Saterdag die 19 de Nov en gaan 'n samekomsie reël, hoe lyk jou program, kan jy en manlief dit maak ? (ek het klaar oorslaapplek vir julle vir Saterdagaand indien julle besluit om te kom-laat weet my ) Like a Star @ heaven
    Elmi
    Elmi


    Location | Ligging : Kaapstad
    Posts | Bydraes : 28
    Points | Punte : 70
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-07
    Age | Ouderdom : 55

    Sluimer Empty Re: Sluimer

    Post by Elmi Tue 20 Dec 2011, 11:25 pm

    en weer is ek skuldig aan loskop wees. Baie dankie Swerwer Smile

    Ammie, so jammer oor die oorgesiende uitnodiging. Ek stel nou dadelik my "notifications" dat ek bewus is van enige kommentaar xxx

    Sponsored content


    Sluimer Empty Re: Sluimer

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 4:37 pm