FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Formasievlug

    bennyb&ammiemoon
    bennyb&ammiemoon


    Location | Ligging : Sproesrania
    Posts | Bydraes : 3
    Points | Punte : 9
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-09
    Age | Ouderdom : 55

    Formasievlug Empty Formasievlug

    Post by bennyb&ammiemoon Sun 09 Oct 2011, 11:18 pm

    en as vandag ons kans sou wees
    waar ’n hemel se blou geen perke ken,
    elke droom ‘n silwer rand sou hê
    sou jy jou hart aan my toevertrou
    om saam my te gaan verken?

    as ek jou vandag sou vra, my lief
    oor nou en môre,wat sou jou antwoord wees
    of sou dit regtig saak maak
    buiten om net saam te wees ?

    as ek my hand vir jou bied,
    my droom aan jou toevertrou
    en gee sonder verwagting
    sou jy saamdans,
    my inspirasie wees
    en formasie vlieg met my, soos een ?...(B)

    sou 'n hemel sy blou kon hou
    teen dae wat bodemloos druip,
    waar ghwano hopie-lê tussen sonverbleikte klippers,
    rondom rotse wat boggel teen kelp fragmente
    van ons droom
    en jy wat teer en veer in uitgeloopte nagte
    saam met my ?

    jy vlieg hoog en wyd, my lief
    in lugsakke vol sout en rooi horisonne,
    waar ek winddroog wapper in lugspieëlings
    van malgasse se rinkhals in die minnewaansin
    van geveerdes -
    jy is immer ewig in my einder
    en jou kantel buig en swenke swier
    laat my hart beskonke uitreik,
    kyk, ek vlieg my lief ... (A)


    BennyB
    © 20/09/2011 Barend Booysen
    Ammie Moon
    © 20/09/2011 Almarie Truter
    Attachments
    Formasievlug Attachmentformasie vlug 4 - Copy.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (460 Kb) Downloaded 2 times
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Formasievlug Empty Re: Formasievlug

    Post by anderkant Mon 10 Oct 2011, 4:11 pm

    Hierdie is 'n volmaakte "debuut". Die profiel-foto spreek van dieselfde grootse "sinergie" waarna ek voorheen verwys het as wat daar in die "formasie-vlug" foto ten toon gestel word. Mens kan die natuur nie dwing om te "pose" nie, en ek het lankal geleer dat lyftaal nie geforseer kan word nie. Die vers bly 'n besondere meesterstuk wat getuig van twee uiters kreatiewe siele wat in perfekte harmonie mekaar beklemtoon en verhef. Die vers getuig ook van daardie bietjie twyfel wat in ons harte skuil, selfs as alles na buite so volmaak en normaal vertoon - daardie menslike twyfel wat ons nie kan weg wens nie.

    "kyk, ek vlieg my lief"

    Akuut en asemrowend opgesom.

      Similar topics

      -

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 3:59 am