FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Engelvlerke en al

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Engelvlerke en al Empty Engelvlerke en al

    Post by BennyB Sun 04 Sep 2011, 7:29 pm

    In die vêrte hoor ek ‘n kerkklok lui
    “tula tula afrika” deur jou sang
    Ek sing saam “ Halala ewig is ons Afrika”

    Ek boogie saam met jou
    Kerkorrel ou maat
    wat het gebeur?

    Ek onthou nog die aand toe ons saam
    in my motor deur Pretoria se strate kon jaag
    onthou nog jou kommentaar oor my V-6

    Onthou nog die dag in die studio
    ek, jy en Stef Bocsh
    my eerste CD cover foto

    Dankie, my inspirasie, my vriend
    Ons het min tyd saam spandeer
    maar elke oomblik was kosbaar vir my

    Saam het ons gedans in Cherry’s
    Vermeulen straat sal nooit weer dieselfde wees
    onthou nog die lunch in Yeoville
    die treinwa, die ironie

    Daardie dag het ek jou verstaan
    jou waarlik leer ken “ onder vier oe ”
    jou foto, jou gesig
    in die agtergrond die doringdraad

    Saam het ons '' Sirkus dier '' gesing
    ag en verstaan
    hoendervleis naas mekaar gestaan wyl ons sing
    “Die anderkant”

    Gehuil en sing saam met jou
    nou ween ek weer
    hier alleen
    en onthou

    Een oggend vroeg op pad na wie weet waar
    by 'n pitstop vir petrol
    stap ek by 'n Quick Shop in

    Jy op die voorblad van die koerant
    koud
    die skok
    gestaar en kyk
    weer en weer gelees
    '' Nee,net nie dit nie! ''

    Wat het gebeur my vriend ?
    My God, wat het Jy maak gebeur ?
    ween ek met die koerant in my arms toegevou

    Nou leef ek in jou droom
    luister en lag
    herleef tye saam met jou
    droom en huil
    onthou jou woorde, jou stem

    Dis koud in Johannesburg vandag
    soveel jare reeds verby
    Ek lewe en sing steeds saam met jou

    Jou stem sal altyd
    in die kranse van my hart antwoord gee
    Jou woorde dra ek oral saam

    Daar waar jy aan die anderkant staan
    weet ek, glo ek
    dat jy my ook hoor

    Ek mis jou
    sien uit om jou aan die anderkant te sien
    engelvlerke en al.

    Vir Ralph Rabie (Johannes Kerkorrel) Mis jou elke dag meer en meer...

    BennyB
    © 05/07/2009 Barend Booysen


    Last edited by BennyB on Wed 27 Jun 2012, 1:07 am; edited 2 times in total (Reason for editing : Photo)
    avatar
    Guest
    Guest


    Engelvlerke en al Empty Re: Engelvlerke en al

    Post by Guest Thu 08 Sep 2011, 6:43 pm

    ek kom elke keer terug na hierdie werk,... dit is meesterlik geskryf met soveel vriendskap en empatie!!
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Engelvlerke en al Empty Re: Engelvlerke en al

    Post by anderkant Tue 13 Sep 2011, 11:56 pm

    hier kom staan "anderkant" stil voor "die anderkant" verhaal en ek verstaan. Die vader weet, ek verstaan! Ek eer jou B.
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Engelvlerke en al Empty Re: Engelvlerke en al

    Post by BennyB Wed 21 Sep 2011, 12:38 am

    Dankie Ronel en Rudi, ek kan net se dankie vir 'n vriend wat my so ge inspire het!
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Engelvlerke en al Empty Re: Engelvlerke en al

    Post by anderkant Wed 21 Sep 2011, 4:52 pm

    Ek sou "inspire" in die huidige tyd gebruik - sy impak is duidelik onwisbaar en met goeie rede. Die vers is 'n meesterstuk omdat dit waar en opreg is.
    antieklimaks
    antieklimaks


    Location | Ligging : Centurion, Gauteng
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 57
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-07
    Age | Ouderdom : 58

    Engelvlerke en al Empty Re: Engelvlerke en al

    Post by antieklimaks Wed 20 Jun 2012, 8:17 pm

    Wonderlike herrinnering aan die voëlvry era en ook die skok en teleurstelling toe sy dood uitbasuin is in die pers. Daar was net een Kerkorrel.
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Engelvlerke en al Empty Re: Engelvlerke en al

    Post by BennyB Thu 28 Jun 2012, 2:07 pm

    Daar was neet een Exclamation

    Sponsored content


    Engelvlerke en al Empty Re: Engelvlerke en al

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 12:50 pm