FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Gebank(2)

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Gebank(2) Empty Gebank(2)

    Post by Enid Sat 01 Oct 2011, 3:27 pm

    Ek hardloop alweer laat by die hekke in, verflaks ek is alweer in my dinges in laat, wil ek dan nie leer nie, dink ek en kyk vinnig rond of iemand my dalk sien.

    Ja-nee daar sit hulle soos wafferse henne en bekyk die spul asof hulle die wonderlikste goed is wat bestaan, altyd optyd, altyd netjies, rokke die regte lengte en naels kort. Hoe boring, kan hulle nie bietjie waaghalsig wees soos ekke nie. Ja, natuurlik, daar is net een soos ek en jy gaan my nie naboots nie.

    Ek stap stadig, maar versekerd aan, sodat niemand kan agterkom dat ek laat is nie. Aaaaaah en waar kom jy vandaan juffrou'tjie, vra Roelf, ons hoofseun. Nou wat de dinges het dit met hom uit te waai, ja hy is die hoofseun, nou wat daarvan? “Hmmmmmm.........ag man my motorfiets het gaan staan en toe moes ek my ou bel om gou vir my te kom help. Jammer man dit sal nie weer gebeur nie.”” Nee, maar dis reg, solank net ek daarvan weet, is jy seker veilig?” Nou wat bedoel die aasvoel met dit dink ek en kyk hom met vraagtekens in my oe aan?” Gelukkig snap die arme drommel dit nie en stap verder.

    Sjoe, daar is Monia en ek hardloop vinnig tot by haar op die pawiljoene.” Hey jy, waar was jy? Ek sit en wag al heel oggend vir jou, het gedink jy het dalk besluit om 'n slag jou neus in jou boeke te sit en swat?”” Regtig, ek my neus in my boeke sit, jy speel seker ou maat?”” Ek het beter dinge om te doen as dit. Ja, soos wat? Jy is gedurig besig om nonsens aan te vang. Kom, kom vertel? Wat het jy nou weer aangevang? “”Ek het gesit en dink..............hoe wag gesit en dink?”” Dit is baie gevaarlik as jy begin dink. Daar kom die moeilikheid. Ag sies Monia, jy vat my in die gesig ou vriendin. Ek sal jou nooit in die moeilikheid laat beland nie. Ou Aldrich het more weer klere inspeksie en ek moet drasties hierdie rok van my langer kry of ek skryf weer Psalm 1 uit en heng vriendin, ek ken dit al uit my kop uit.” Monia lyk nie baie ingenome met my komende uitspraak nie en val my sommer daar in die rede. “Ja en jy het gedink en besluit dat jy weer die inspeksie gaan vermy, deur wat te doen? Nee man, ek sal daar wees.”” Die fantastiese groen rokke van ons, het mos belde en kyk my nuwe mode, trek die rok bo die gordel op, as ek dit wil korter he en af tydens inspeksie, slim ne?" “Ja, ja, vra maar vir ou Eend en sy sal jou mooi verkeerd wys", se Monia. “Hahaha, maar dis 'n slim plan ne? Dit is reg so ou maat, kom ons begin 'n nuwe guur in ons gemaklikke omgewing en kyk of dit 'n modeguur word? Sien ek het altyd goeie idees en planne," never a dull moment".”

    “Sjoe, kyk hoe hardloop Jean daai 400 meter, hy is maklik 4 meter voor die tweede ou en gaan die wedloop maklik wen. Ja en ou Eend is mal oor hom. Monia.....as jy jou mondjie oopmaak?.......ja, wat dan? Dan gaan ek hom vir jou mooi toe klap. Nee jy sal dit nie aan jou beste ou pel doen nie, daarvoor is jy te sag! Reg probeer my en ons sal sien.”

    Die klok lui en ons gesellige praaitjie het tot 'n einde gekom. Tot more weer en dan is dit weer kattekwaad aanvang. Of gaan ons dit voortsit in die klas? Goeie gedagte, dink ek.





    avatar
    Guest
    Guest


    Gebank(2) Empty Re: Gebank(2)

    Post by Guest Sun 02 Oct 2011, 11:07 pm

    klink vir my jy was n stout klein merrie op skool lol
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Gebank(2) Empty Re: Gebank(2)

    Post by Enid Mon 03 Oct 2011, 2:57 pm

    nee issie, stroopsoet hahahaha

    Sponsored content


    Gebank(2) Empty Re: Gebank(2)

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 4:06 am