FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Wisseltand

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Wisseltand Empty Wisseltand

    Post by Claira Summers Thu 29 Sep 2011, 1:11 am

    Wisseltand”

    Kyk ma, my tand is los
    Wat gaan dan nou gebeur ?
    En wat van al my lekker kos
    Ek kan dit nie verbeur
    ek sal gou die tang gaan haal
    of garing daarom bind
    ek hoop nie dat ons dit sal vaal
    ons moet ‘n uitweg vind

    Kadoems - daar klap die deur
    Die skewe tand is uit
    Dit was nie seer nie sommer niks
    en ek kan deur die gaatjie fluit
    Ag dankie mams jy is ‘n blits
    en ek is nou skatryk
    Want die tandmuis bring dan baie geld
    Maar hoe gaan ek nou lyk ?
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Wisseltand Empty Re: Wisseltand

    Post by AmmieMoon Fri 07 Oct 2011, 6:02 pm

    Ag dis lieflik...onthou ek nou ook my 2 wippies se opgewondenheid rondom 'n los tand en die vooruitsig van die tandemuis en sy geldbeurs !!....Ek stem ook saam, hierdie is 'n gedig ! Pragtig verwoord Claire ! Like a Star @ heaven

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 4:48 pm