FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Onversadigbaar

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Onversadigbaar Empty Onversadigbaar

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 3:47 pm

    geluidlose reëls tussen roggel en
    ondergrondse kreun
    gee nag geboorte
    in bleekblou skadu's van die maan

    'n ruïne brok teen sirkelgange
    binne platgetrapte heinings rondom Fisantekraal
    waar 'n nonnetjieuil haar prooi kom haal
    tussen nagoud beentjies en bloed

    kelp kneus bros
    in sandspoor duine-paadjies
    waar branders sug en klaag
    tot duisternis behaag in eindelose smart

    agter breekwater rots
    leun 'n wit-broos-vrou geboë
    waar sy sluk sluk stik
    aan uitspoel liefde.


    © 2011 Almarie Truter

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 11:46 am