FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Roggel-roep nostalgie

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Roggel-roep nostalgie Empty Roggel-roep nostalgie

    Post by Claira Summers Sun 05 Jan 2014, 6:19 am

    Gedagtes dwaal
    daar waar jy in my
    slote vorm
    waar my denke draal
    die sleepvoet steier
    van emosies
    jou saam trek
    na die afgrond
    van my siele dood
    waar jy drentel
    en voet vashaak val
    in my elke dag se onthou
    nooit vergeet
    vir altyd weet
    jy is die roggel roep
    van my oorleef
    die mond tot mond
    lewe gee
    as my liggaam
    siel en hart stop
    so tree vir tree
    waar jy hand omkeer verander
    soos n brander
    as ek regop sit
    na n hart stilstand
    as ek na alles
    ons nostalgie verpand

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 8:02 pm