FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Seeberil van my hart

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Seeberil van my hart Empty Seeberil van my hart

    Post by Claira Summers Sun 05 Jan 2014, 6:13 am

    In een vlietende oomblik
    het ek jou uit die oog verloor
    het my rourand verbrokkel
    die onthou het my deurboor
    Om my swaartillende gedagtes
    het n sefier wind sag gewaai
    Die ruimer wat plek maak
    in jou hart vir my
    kon nie n plekkie daarin kry
    Ek moes rondswalk sonder einde
    deur jou vloedvlakte vas gehou
    Vlakfigure van die dooie ek
    het die sweefbaan nie vertrou
    Die rolspelers in die siele stryd
    het ons liefde net daar gehou
    daar was geen paradigmaskuif
    geen kanse dat ek jou rojeer
    So bly ek halflig agter
    met n rafelrand van sy
    in die agtergrond van jou verlede
    net n seeberil van groet en pyn

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 6:20 pm