FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    DIE SEERSTE SEER

    Liska Mariska Hulme
    Liska Mariska Hulme


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 19
    Points | Punte : 53
    Join date | Datum aangesluit : 2013-01-01
    Age | Ouderdom : 46

    DIE SEERSTE SEER Empty DIE SEERSTE SEER

    Post by Liska Mariska Hulme Mon 01 Apr 2013, 11:27 pm

    DIE SEERSTE SEER

    Voel nogsteeds
    Verantwoordelik
    Vir jou dood
    My skuld

    Gee nie om
    Wie wat sê
    Moes daar wees
    Vir jou my kind

    Vandag al agt jaar
    Voel egter soos gister
    Wens jy was hier
    Áltyd my babetjie

    Bewuste besluit
    Sal nooit daaroor kom
    Dis ál hoe ek oorleef
    Die hemel weet

    L.M. HULME

    (30/03/2013)
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    DIE SEERSTE SEER Empty Re: DIE SEERSTE SEER

    Post by Louisa van Vliet Sat 06 Apr 2013, 5:29 pm

    Hi Liska, ek lees nou jou gediggie, ja dit is die seerste seer, maar vergewe jouself omdat jy nie daar kon wees nie, want God het jou lankal vergewe. Hy lief jou en neem jou glad nie verantwoordelik daarvoor nie, God het 'n doel met alles in die lewe.
    Sterkte vir jou en die gediggie is pragtig. Dit bring 'n knop in my keel. Ek het deur baie ander dinge gegaan met my kind, nie die dood self nie, maar dit was net so goed of sy was amper ook nie meer nie.
    Liska Mariska Hulme
    Liska Mariska Hulme


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 19
    Points | Punte : 53
    Join date | Datum aangesluit : 2013-01-01
    Age | Ouderdom : 46

    DIE SEERSTE SEER Empty Re: DIE SEERSTE SEER

    Post by Liska Mariska Hulme Sun 07 Apr 2013, 11:24 pm

    Waardeer jou kommentaar baie... xxx

    Sponsored content


    DIE SEERSTE SEER Empty Re: DIE SEERSTE SEER

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 3:40 am