AS EK KAN

    Share
    avatar
    Liska Mariska Hulme

    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 19
    Points | Punte : 53
    Join date | Datum aangesluit : 2013-01-01
    Age | Ouderdom : 40

    AS EK KAN

    Post by Liska Mariska Hulme on Tue 16 Apr 2013, 6:51 pm

    AS EK KAN

    Wens die slaaplepeltjies
    Wil my nou kom voer
    Om niemansland te kan proe
    Honger vir happies drome

    My ogies smeek vir toeval
    Denke smag na vergetelheid
    Lyfsnare styf gespan
    Borskas kloppend teer

    Eie donker hou my wakker
    Dink aan einas se tyd
    Sal ek telkens trappe klim
    Of soms afrol teen duine wyd

    Weet hierdie is my lewenspad
    Kort net soms nuwe asem
    Om weer te kan glimlag
    My doel teen ander se stryd

    L.M. HULME

    (01/04/2013)

      Current date/time is Wed 20 Sep 2017, 11:01 am