FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    FreeStyle Nuus / News

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    FreeStyle Nuus / News Empty FreeStyle Nuus / News

    Post by BennyB Sun 02 Oct 2011, 1:19 pm

    FreeStyle Nuus

    Dit is op 2 dae na, vandag presies 'n maand sedert www.free-style.co.za amptelik die kuberruimte betree het. Die hele FreeStyle-bestuurspan werk steeds dag en nag om haakplekkies uit te sorteer, lede te help met registrasie en moontlikhede om die blad se funksies meer uit te brei en toeganklik te maak. Gedurende hierdie afgelope maand is die musiek & liriek afdeling ook geaktiveer en kan lede nou hulle woord-en-musiek-skeppinge aan die wêreld bekendstel. So komaan, moenie langer uitstel nie, gryp daardie notebalk en kitaar en kom betower ons met jou lirieke vasgevang is die universele musiek medium.

    Gedurende die afgelope maand het ons geregistreerde ledetal geklim na 75 en is daar reeds 685 nuwe werkstukke en 1995 kommentare gepubliseer! Wat 'n prestasie! Al is die ledetal nog klein, perk dit baie beslis nie ons lede se kreatiwiteit nie. Diegene daar buite wat nog huiwer, wik en weeg of hulle moet aansluit, julle mis uit, so wikkel daai boude en kom word deel van die FreeStyle familie !

    Dit is dan ook vandag vir ons heerlik om aan te kondig dat FreeStyle se eerste '' Sproes-bundel '' binnekort die lig gaan sien. Soos beloof, ywer die bestuur om ons lede soveel as moontlik blootstelling en erkenning te gee in die FreeStyle geledere. Derhalwe het ons besluit om betaalde lede 'n geleentheid te gee om in trekking te kom vir 'n geleentheid om in 'n webwerf bundel gepubliseer te word. Om te kwalifiseer vir die trekking, moet 'n lid ten minste 6 maande lank 'n betalende lid van die www.free-style.co.za webwerf wees. Aangesien die skryf afdeling, en meer spesifiek die gedigte afdeling, tans die meeste verkeer uitlok, is daar besluit om die eerste publikasie 'n digbundel te maak. Sodra die ander afdelings se ledetal en publikasies begin groei, sal hierdie inisiatief ook na daardie kategorieë uitgebrei word.

    Die '' Sproes-bundel '' sal bestaan uit 11 afdelings met 'n totaal van ongeveer 100 bladsye. Alle 6 maande of langer lede se name sal in 'n hoed gegooi word en 10 digters se name sal getrek word wat elk 'n + - 6 bladsye blootstelling in die bundel sal kry. FreeStyle sal ook hulp verleen om die digters se gekose werke taalkundig te versorg en publikasie-gereed te maak vir plasing in die bundel.

    FreeStyle is ook toegewyd om ons jeug se potensiaal en ywer in kreatiewe kunste te bevorder en aan te wakker. Daarom is besluit om 'n 11 de afdeling tot die bundel te voeg waarin 5 skoliere en 5 studente se gedigte sal verskyn. Die keuring in hierdie afdeling sal gedoen word deur die FreeStyle bestuur na aanleiding van die skolier/student se frekwente plasings op die blad asook ten opsigte van persoonlike vordering en groei ten opsigte van hulle digkuns.

    Die ''Sproes-bundel '' se trekking sal teen einde April 2012 geskied waarna die publikasie presies 30 dae daarna gereed sal wees vir bemarking en verspreiding. Die bundel sal teen 'n verminderde bedrag beskikbaar gestel word aan die 10 gekose lede (sowel as die 10 skolier/student), om hulle in staat te stel om dit teen 'n wins te bemark en te verkoop onder familie, vriende en kollegas. Die bundel sal ook in die www.free-styl.co.za se aanlyn winkel te koop aangebied word aan die breë publiek teen 'n vooraf bepaalde bedrag (wat nie die gepubliseerde digters se verkoopswinste sal benadeel nie). Winste uit verkope van die bundel in FreeStyle se aanlyn winkel, sal aangewend word vir toekomstige soortgelyke publikasies.

    Nog 'n groot opgewondenheid is die toevoeging van 'n splinternuwe afdeling tot die webwerf nl. Sproes-krit, onder leiding en moderatorskap van Rudi Prinsloo ( anderkant). Hier onder is 'n meer breedvoerige skrywe m.b.t hierdie nuwe afdelings en sy funksies, tot voordeel van www.free-style.co.za se lede.

    Namens die FreeStyle bestuur, ook 'n groot opregte dank aan ieder en elk wat tot dusver ons nuwe webtuiste kom besoek en intrek geneem het. Dankie ook aan elkeen wat deur hulle entoesiasme en geloof in die FreeStyle-inisiatief, die webwerf daagliks adverteer en bemark aan die breë publiek. Ons hoor daarvan, sien dit raak en waardeer dit opreg!

    Sproes groete
    Die FreeStyle Bestuur

    FreeStyle News

    It is just short of two days from a month since www.free-style.co.za officially entered cyber space. The whole of the FreeStyle team is still working 24/7 to smooth out any glitches, help with member registrations, constant development of functionality to improvement and broaden facets of our New home. During the course of the last month the music and lyrics category was also activated so that you the member can share and introduce your music and lyrics to the world. Come on, do not waist anymore time to share and dazzle all of us with your music and lyrics.

    During the last month our membership grew to a total of 75 registered members, a total of 685 posts and 1995 comments were published. What an achievement! Even thou the membership total are still low it obviously does not hinder our enthusiasm. Those of you still standing on the sideline hesitating to join or not, you are surely missing out! Come join the FreeStyle family!

    We are also very excited to announce that Freestyles’ first “Sproes Poetry Collection” will soon see the light. As promised, the FreeStyle management team committed ourselves to develop and promote the work of its members. We identified certain platforms to do so and one of these will be a combined works of poems from our members. We decided that we would give our paid members the opportunity to enter the draw for their work to be published in the new Website collection . To qualify you need to be a paid member of www.free-style.co.za for a minimum of six months to be considered for the draw! As the writing section - Poetry is currently the most active part we decided to make this the first publication. As soon as the other sections pick up the same principal will then also apply to them.

    The “Sproes Poetry Collection” will cover 11 sections and a total of approximately 100 pages. Names of all members, six months or longer, will be put into a hat and 10 writer’s names will be drawn, which will each have ± 6 pages to publish their best work. FreeStyle will assist in seeing that all work will be print ready.
    FreeStyle is committed to develop the youth’s potential and to stimulate their development. It’s for this reason the the 11th section will be dedicated to scholars and students poetry. Selection will be done by Freestyle’s management team as to the development, placing and growth of the students work.

    The “Sproes Poetry Collection” draw will take place by the end of April 2012 and will be ready for distribution exactly 30 days thereafter for distribution. The collection will be available at a reduced amount to the 10 picked members (also the 10 scholars/students) to assist them to resell the collection of works at a profit to friend’s family and colleagues. The collection of works will also be sold trough www.free-styl.co.za online shop to the public. Profits out of the sale of the book will be used to further future publication of similar work.

    Another exciting add-on to www.free-styl.co.za is the Sproes-krit section. This new section will be lead and moderated by Rudi Prinsloo (anderkant). Below is a more explanatory piece regarding the new sections and functionalities that will be of benefit to all www.free-style.co.za members.

    On behalf of FreeStyle management we want thank you to everyone who visited our new website and joined in. Also great thanks to everyone that with enthusiasm and believe, are daily advertising and marketing FreeStyle to the public. We are aware of it, notice it and appreciate it dearly!

    Sproes Greetings
    FreeStyle Management

    ......................................................

    Sproes Krit
    Oog op die Kuns / Eye on the Arts

    Freestylers!!!!

    Ek is opgewonde en bevoorreg om vandag namens die Freestyle-span 'n aankondiging te maak oor 'n toevoeging tot die afdelings by www.free-style.co.za.

    Sproes Krit.

    Soos julle weet is Freestyle 'n tuiste vir elke skeppende siel: skryfwerk, fynproe, musiek, uitvoerende kuns, fotografie, skilderwerke en rolprente het almal hulle eie spesiale plekkie op die webtuiste. 'n Lekker warm kuier-plek vir die hele familie!

    Sproes Krit beoog om weekliks met 'n geheel-oog na ons gemeenskap en individuele deelname te kyk en met bietjie meer erns te gaan stilstaan by ons lede se werke.

    Daardeur wil ons die werf toeganklik maak vir almal (soos meeste van ons) wat soms bang is om vrae te vra en tog maar wonder. Hoekom gebruik 'n skrywer 'n spesifieke styl? Wat sou dit beteken wanneer daar gepraat word van panoramas en hoe verskil waterverf van akriel-skilder werk. Basiese gebruikers - mmm, ek staan skuldig, kan selfs leer hoe om 'n fynproewers-maaltyd van formaat voor te berei.

    So wil ons by elke kategorie verbyweeg - sonderlinge prestasies beklemtoon en saam-saam kuier en gesels en groei. Ons wil die ontluikende kunstenaar aan die hand neem en op ons skouers dra deur hulle toe te rus met inligting en raad wat vir hulle persoonlik van waarde kan wees. Ons wil gesprek voer oor individue wat indruk maak en daar wees vir lede wat fantastiese potensiaal het. So kan jy dan kom saamkuier en vandaar af kan jy weer op jou eie gaan eksperimenteer met die verskeie vorme van kuns.

    Wat heerlik gaan wees is dat elke kategorie elke week 'n spreekbeurt kry - almal gelyk. Niemand word voorgetrek of afgeskeep nie. Die blad belowe om vol verrassings te wees en vir die wat Huisgenoot nog getrou koop 'n alternatiewe "verslawing" te bied.

    Sproes Krit: Ons werk, ons menings en toeganklik vir almal.

    Klink dit nie fantasties nie. Ek kan nie wag om weg te spring en te hardloop hiermee nie, hierdie is een resies waar ons sy aan sy gaan draf en saam by die wenstreep gaan aankom.

    Groete,

    anderkant


    Twentieth-century art may start with nothing, but it flourishes by virtue of its belief in itself, in the possibility of control over what seems essentially uncontrollable, in the coherence of the inchoate, and in its ability to create its own values.

    A. Alvarez (b. 1929), British critic, poet, novelist /


    Twintigste-eeuse kuns mag begin met niks, maar dit floreer op grond van sy geloof in homself, in die moontlikheid van beheer oor wat onbeheerbaar blyk te wees, in die samehang van die rudimentêre, en in sy vermoë om sy eie waardes te skep.

    A. Alvarez (b. 1929), Britse kritikus, digter, romanskrywer.

    Sproes Krit
    Oog op die Kuns / Eye on the Arts


    Freestylers!!

    I am excited and privileged to make an announcement on behalf of the Freestyle team about a new addition to the sections at www.free-style.co.za.

    Sproes Krit - Oog op die Kuns / Eye on the Arts

    As you know, Freestyle is home to every creative soul; writing, culinary arts, music, performing arts, photography, painting and films all have their own special place on the website. A warm and encouraging atmosphere to free your spirit!

    Sproes Krit intends to present a weekly overview and in-depth review of our community and individual participation. We want to stop and spend time with unique contributions in every category and have some creatively encouraging conversations about our various forms of art.

    We want the site to be accessible to everyone (as most of us) that is sometimes afraid to ask questions, yet wonder about specific characteristics of the various art forms. Why does a writer choose a particular style of writing? What does it mean when people speak of panoramas and what is the difference between acrylic and watercolor paintings, etc. Basic users - (mmm, I stand guilty) can even learn how to prepare a meal fit for the finest connoisseur.

    We will take time, visit each category, and highlight singular achievements whilst we chat, socialize and grow amongst kindred spirits. We want to take the emerging artist by hand and lift them on our shoulders by equipping them with information and advice that can assist in their personal growth. We discuss remarkable achievements by our members and work on growing with those members that display the hunger and potential to become yet another great artist. You never know, you may just find a new form of art that expresses your restless soul in a beautiful new way.

    I find it exciting that every category will be examined every week. Nobody is favored or neglected. The Sproes Krit section promises to be full of surprises and worth your time to stop by and explore the arts and our community.

    Sproes Krit: Our work, our opinions yet accessible to everyone.

    Sounds great doesn't it. I can't wait to get started, as I know this is going be the social place to be.
    ansiebeets
    ansiebeets


    Location | Ligging : Somerset Wes
    Posts | Bydraes : 64
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 54

    FreeStyle Nuus / News Empty Re: FreeStyle Nuus / News

    Post by ansiebeets Sat 15 Oct 2011, 1:04 am

    Dit klink alles wonderlik en is ek baie opgewonde en geerd om 'n lid van FreeStyle te wees, baie dankie vir die harde werk en die wonderlike geleentheid wat hier gebied word aan elke kunstenaar van elke ouderdom kultuur, dit is voorwaar 'n absolute fees om te deel in al die gebeure hier op freestyle Smile
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    FreeStyle Nuus / News Empty Re: FreeStyle Nuus / News

    Post by Claira Summers Wed 25 Jan 2012, 7:04 pm

    Freestyle is vir my n ontvlugting en vertroosting in moeilike tye en n deelplek in die vreugdes en hartseer van my lewe. Geniet dit baie baie. Dankie Freestyle span vir n pragtige werf.
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    FreeStyle Nuus / News Empty Re: FreeStyle Nuus / News

    Post by Louisa van Vliet Sat 06 Apr 2013, 5:43 pm

    Hi,

    Freestyle is fantasties, dit is lekker om ander se gedigte te lees dit inspireer
    mens net om nog meer en meer te skrywe. Dat mens jou innerlike kan uitleef in 'n storie of 'n gedig is absoluut een van die belangrikste dinge in my lewe.

    Moet asb net nooit stop hiermee nie.

    Al wat ek nou net vra, is daar enigsins 'n manier hoe mens die 100 gedigte wat
    geplaas is in 'n boekvorm kan koop of nie. Ek was vir 'n rukkie af gewees van die
    internet en kan nou weer vrylik ingaan daarop. So ek weet nie of ek iets gemis het
    met al die gedigte wat geplaas is van die wenners oor die 100 gedigte nie.

    Groete en sterkte met 'n puik webtuiste.


    Sponsored content


    FreeStyle Nuus / News Empty Re: FreeStyle Nuus / News

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 9:10 pm