God se Besem.
Laat middag son, kom skemer aand nader...
Bome begin lewe kry, van wind wat daardeur speel.
Saggies streel ‘n briesie deur blaar en takkie,
wat los wikkel van stingeltjie na grond.
Stadig begin sand en blaar en vullis bymekaar
om hopie te vorm in uitgekose hoekie.
Hoe wonderlik die natuur, gebruik sy eie Besem
om skoon te vee, deur vuil verstrooi van ander
Stil stil beleef mens weer die skoon van God se Wonder
met natuur vol van prag en praal alom