My Getuienis

    Share
    avatar
    Louisa van Vliet

    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 57

    My Getuienis

    Post by Louisa van Vliet on Sat 23 Mar 2013, 6:29 pm

    Februarie 2002 het ek ook die tekens gewaar aan my liggaam wat nie saamstem met my alledaagse lyf nie, weke met dit geloop en toe eendag vir ‘n vriendin daarvan vertel. Sy het met my geraas en gese ek speel met vuur ek moet by ‘n dokter uitkom. Sy het nogals my bietjie bang gepraat en ek het net daar en dan besluit ek gaan die dokters raadpleeg. Ek skakel en maak afspraak met die dame om by die Ginekoloog uit te kom en sy se nee, die dokter kan my eers Junie maand sien, hulle is vol bespreek, ek besluit nee, ek kan nie so lank wag nie, en skakel my huisdokter, hy se ek moet onmiddellik in kom.
    Die middag sit ek in spreekkamer en ek word ingeroep, hy het my een kyk gegee en gese, hy se nie dit is kanker nie, maar hy gaan nie kanse vat nie en verwys my onmiddellik na ‘n onkoloog. Ek is dadelik na die onkoloog en hy ondersoek my en trek toe vog van my bors af.
    Die oomblik toe ek die dokter se gesig sien het ek onmmiddellik geweet dis kanker, maar die dokter het gese hy gaan toetse doen en sal my die Woensdag laat weet. Woensdag kom en hy laat weet ek moet onmiddellik inkom. Ek vat my ma toe saam met my, want ek het net geweet hierdie kan nie goeie nuus wees nie. By dokter gekom kry ek die boodskap dat dit wel kanker is en dat hy onmiddellik gaan opereer. Hy reel toe vir my vir die volgende Donderdag vir ‘n mastektomie, ek se toe hy moet maar sommer die bors verwyder want ek wil nie die kanker in my liggaam he nie, maar hy sê toe nee, nie sommer net sny en afhaal nie, nee dit is die patoloog se besluit en God se besluit,toe hy vir my sê dit is God se besluit , toe weet ek, ek sal in goeie hande wees, want my hart het ek al in 1991 vir die Here gegee, en stap toe al n paadjie met God, maar kanker laat jou baie keer twyfel, want jy sien en hoor hoe gaan mense dood van kanker.
    Ek probeer my toe self sterk hou voor my ma, want my pa is toe net 7 jaar terug oorlede aan kanker en haar broer toe net 3 jaar terug ook oorlede aan kanker en nou haar dogter, maar ek weet nie eintlik wie die sterkste van ons 2 bymekaar probeer wees het nie, maar nadat ek haar afgelaai het by haar huis en ek terug ry na my huis was vir my baie erg, ek het so gehuil want skielik voel dit vir my ek staar nou ook die dood in die oe. Ek huil my hele Vrydag om en het seer, want hoekom dit ook vir my Here, ek loop dan so ‘n pad saam met Hom.
    Saterdag oggend skakel ons predikant en wil weet of dit waar is wat hy hoor en ek se ja, maar ek huil nog al die pad, hy het gekom en vir my kom bid, en ek voel toe baie beter daarna.
    Sondag oggend kom ek by kerk en toe die eerste hand op my skouer val toe weet ek dat die nuus al ver versprei het, en ek bars in trane uit, dit was vir my die seerste om te dink ek gaan dalk en my vriende bly agter, maar ek is deur die preek met baie trane en ‘n stukkende hart, en ja, ek vra vir die Here hoekom Here, en kry nie antwoorde nie, na kerk gee ek my sondagskool boeke terug en reel dat hulle vir my klassie ‘n ander juffrou moet kry, want ek weet nie wat wag vir my in die toekoms nie.
    Maar die Maandag kom die besef by my, Louisa dit het nou met jou gebeur en jy gaan nou die beste van die saak maak. Ek het opgestaan met ‘n lied in my hart en vir myself in die spieel gekyk en gese, kom wat wil kanker ek gaan jou oorwin, met Jesus aan my sy weet ek alles gaan goed afloop.
    Woensdag is ek opgeneem in die hospitaal en my ma saam met my. Na 6 ure in die teater is ek daar uit, die volgende oggend toe ek wakker word, weet ek nie van pyn nie, weet ek nie eers dat ek geopereer is nie, maar toe ek af kyk en sien my bors is verwyder was ek dankbaar en bly, want nou is ek mos verlos van die kanker. Wd het daardie oggend by my kamer ingekom in die hospitaal my een kyk gegee en gevra of ek al geopereer is, en ek se ja, hy se maar dit lyk nie so nie want ek lyk nog net soos altyd met die smile op jou gesig en glad nie geswel nie, ek sê weet jy wat Wd ek is nie siek nie, ek het ‘n bors verloor en dis dit.
    Hy is daar weg en daardie aand het verskriklik baie mense vir my kom kuier, ek was oral betrokke gewees en daaroor dat ek baie mense geken het.
    Toe word ek ontslaan uit die hospitaal vir 6 weke se genesing. Besoek die dokter daarna en ek hoor ek moet chemo behandeling kry en ek skop onmiddellik vas daarteen, want ek het gesien hoe my oom en my pa ‘n stadige dood sterf met chemo. En die dokter se nee ek moet nie so daaroor dink nie, en dat borskanker en prostaatkanker die 2 mees geneesbare kankers is.
    Hy se toe ek moet gaan vir 2 behandelings en ek stem in, maar toe ek by die chemo dokters kom besluit hulle nee, 6 chemo behandelings, en hulle vertel my hare gaan uitval en dadelik hou ek weer nie van die feit vir solank chemo nie, en ek sien hoe ‘n dame instap sonder hare op haar kop, en onmiddellik loop die trane, hoekom gebeur al hierdie goed met my.
    Ek is toe deur my eerste chemo behandeling en my lyf is nie my lyf nie, niks van my is ek nie, want die gevoel maak my siek en ek wil nie meer verder gaan nie. Vir 2 wek e is ek baie baie siek, maar die volgende 2 weke gaan beter maar nog is my lyf nie my lyf nie, alles is vergiftig in my lyf.
    Net sodra jy weer ok voel dan gaan ek weer vir die volgende behandeling weer dieselfde ou storie, en sommer na die eerste behandeling al val my hare in sulke boste uit, en dis hoe Wd my weer een oggend by my huis kry, vol hartseer en trane wat maklik rol want my hare val uit en my hare was vir my meer werd as my bors want almal sien dit, maar gou gou het Wd met my gepraat en nommers gegee dat ek vir my ‘n pruik bekom.
    Deur die dag le ek in my lyf wat nie my lyf is nie, en slaap my tye om, want om wakker te wees was nie lekker nie, ek het verskriklik baie geslaap in my chemo tyd, maar die kere wat ek wakker was le ek en wonder wat gaan van my kinders word as ek nie meer daar is nie, en ek begin bid, Here U ken my omstandighede, my oudste kind het begin werk en my jongste nog in standard nege, Here ek kan mos nie nou al gaan nie, wie gaan vir my kinders doen wat ek vir hulle doen.
    En ek soek antwoorde by God, en ek lees my Bybel hoeveel keer in daardie tyd, en die Here gee vir my Hiskia se hoofstuk waar hy vir HIskia sê ek gee jou 15 jaar langer, en elke dag ‘n ander stukkie uit die Bybel, en weer gee die Here vir my HIskia en weer gaan soek ek ander stukkies op.
    Maar toe die Here vir die 3de keer vir my die hoofstuk van Hiskia gee en ek lees hom oor en oor en oor, en skielik word alles warm hier binne in my en ek weet die Here praat met my, soos wat ek Hom nog nooit beleef het nie, en ek vra Here as U hierdie boodskap vir my gee vir 15 jaar nog langer sal ek U ewig dankbaar bly. Vandag is ek genees, en dit is nou al 10 jaar wat ek weet onse Liewe Vader doen nog steeds wonderwerke en kan jy in geloof gesondheid ontvang as jy Sy Wil vra.

    En vandag kan ek God nie genoeg bedank vir wat hy vir my gegee het nie, ‘n lewe waar ek al baie seer ervaar het deur my eie mense, maar ek loop hierdie pad van seer saam met God want ek is Hom Ewig dankbaar want hy het al die baie seer wat ek al beleef het, om gesit in ‘n blydskap wat ek op ander kere in die toekoms weer na julle toe kan bring.
    Ek wil net vir julle sê die pad wat God wil hê ons moet loop, is nie die maklike pad en die breé weg wat so maklik is om te vat nee, maar dat God juis wil hê ons moet die smal pad vat met al die dorings en die dissels om eendag in die ware sin van die Woord by God uit te kan kom om die Ewige lewe te kan beërwe.
    God maak gesond in Sy Wil, maar weet net, as God besluit het hier op aarde is jou tydjie uitgedien, kan Hy ook besluit om jou hier weg te vat, want alles lê in God se hande, ons kan vra vir Sy Wil maar die besluit lê nogsteeds by HOM. Ek is maar net te dankbaar dat Hy my nogsteeds laat leef het, want ek glo vandag het ek ook ‘n doel hier op aarde en dit is om aan God al die Eer te gee vir wat ek al deurgemaak het saam met HOM, en nog elke keer is my Gebede verhoor deur God se Genade alleen.
    Gebede sal daar altyd wees, want probleme hou nooit op nie, hulle kom en gaan, maar as gebede verhoor word, is ek dankbaar, en as gebede nie verhoor word nie, is ek ook dankbaar want God se doel daarvoor kom HOM toe.
    Dankie dat ek hierdie deel van my lewe met julle kon deel. Daar is nog so baie, maar ek hou dit vir later.

      Current date/time is Wed 28 Jun 2017, 3:53 pm