FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die verskynsel in die Nag

    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Die verskynsel in die Nag Empty Die verskynsel in die Nag

    Post by Louisa van Vliet Tue 29 Jan 2013, 5:40 am

    Dis laat nag en leef ek in my eie gedagte wereld,
    die slaap is besig om my te omsingel
    skielik kom die grou van die nag in ‘n donker
    gebied vol gate, ontploffings en klippe wat spat.
    Dis vegvliegtuie en helikopters en nog wat.

    Maar hier waar ek staan is my huis,
    hoekom regoor my huis hierdie swart gebied,
    en skielik word dit alles hier wakker in my,
    die swart gedaante met sy pakkie van die nag,
    het weer sy sin gekry, in iemand wat verlore is.

    So vinnig as wat hy verskyn
    so vinnig verdwyn hy weer,
    maar dan is die gevaar klaar in aanskou,
    met ‘n gesig van aggressie kom staan dit hier voor jou
    en vertel hoe onregverdig die lewe is.

    Want skielik is die hele lewe in ‘n gemors
    en word inspuitings en pille aan die orde van die dag.
    Skielik word die swart van die nag die klippe en geveg,
    ‘n liggaam wat besig is om sy tol te eis
    deur die geveg van verslaaf wees aan die onreg.


    Niks beduidend loop ons deur die lewe,
    almal om jou so verkeerd as kan kom,
    ‘n nuwe gedaante verwisseling,
    ‘n liggaam wat sy eie pad volg,
    hoe het dit gebeur, dat dit vasgevang bly in ‘n web.

    Sonder meer probeer jy ontslae raak van die beklemming,
    maar weer en weer, roep my liggaam om dit.
    uit op die strate op soek na meer,
    want liggaam kan nie meer sonder.
    Blou ligte, sel deure, hoekom los hulle my nie net.

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 11:11 am